Skip to content
  • TUIS
  • WELKOM
  • OU REPUBLIEKE
    • BLOEDRIVIER GELOFTE
    • DIE REPUBLIEK WAPENS
    • PAARDEKRAAL VERBOND
    • PRESIDENTE
    • VOLKSLIEDERE
  • MONUMENTE
    • BURGER MONUMENTE
      • MAFEKING
      • ZEERUST
    • PAARDEKRAAL MONUMENT
    • SANDRIVIER KONVENSIE
    • VROUE MONUMENT
    • SLAGVELDE
      • AMAJUBA
      • BERG EN DAL
      • ELANDSRIVIER / BRAKRIVIER / BUFFELSHOEK
      • SPIOENKOP
  • GALERY
  • KONSENTRASIE KAMPE
    • KAAP
      • ALIWAL NOORD
      • KUBUSI
      • KIMBERLEY
      • PORT ELIZABETH
    • NATAL
      • HOWICK
      • ISIPINGO
      • JACOBS
      • MEREBANK
    • TRANSVAAL
      • BALMORAL
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BARBERTON
      • BELFAST
      • BRONKHORSTSPRUIT
      • HEIDELBERG
      • IRENE
      • KRUGERSDORP
      • MIDDELBURG
      • STANDERTON
    • VRYSTAAT
      • BETHULIE
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BLOEMFONTEIN
      • KROONSTAD
    • KRYGSGEVANGENES
    • SWART KONSENTRASIEKAMPE
      • BRANDFORT
      • KRUGERSDORP
  • WIE IS ONS
    • KONTAK

dien thoai gia re , dau gia bizgia.net , the gioi smartphone , download game mobile downloadgamemobile.info , smartphone , tang truong tangtruong.net , khoa hoc cong nghe thong cong thongcong24h.vn , mua ban sim , Smartphone gia re , cong nghe congnghetuonglai.org , cong nghe congnghe360.org , giai tri guongmat.org , su kien sukientrongngay.net , thoi trang hi tech , thong tin thongtin360.net , may tinh bang gia re , perfect body , dien thoai xach tay , gia vang hom nay , kiem dinh kiemdinh3.com , kinh te viet nam , xay dung viet nam , thoi trang , thoi trang , phu nu viet nam , tin tuc moi online , dich vu bao ve viet nam , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , tin tuc moi online , giai tri 24h , tin tuc 24h

KRUGERSDORP

Die Kamp is geopen in April 1901.

Daar was ‘n groot skaarste aan beddegoed in hierdie kamp, aangesien die vroue nie geleentheid gegun is om voldoende klere en beddegoed van hulle huise af saam te neem na die kampe toe nie.

Mevrou Venter se verklaring bevestig hierdie feit, die vernietiging op hulle plaas was so erg dat hulle geen klere of komberse kon saam neem nie. Hulle moes onder die waens probeer skuiling vind teen die vreeslike koue. Dit was in Julie maand op die Hoëveld en die Britse soldate het geweier om hulle enige bedekking te gee en sy verplig was om haar klere uit te trek om haar kindjie toe te maak!

Die kamp bevolking se rantsoene is bepaal volgens die vraag of hul mans nog vegtend in die veld was of nie. In die hart van die winter, 31 Julie 1901, het die kampdokter berig dat daar slegs 246 persone (die ‘handsuppers”) wat die ‘A’ klas rantsoen ontvang het. Dit het beteken dat die res van die mense op die ‘B’ rantsoen was. Hulle is van alle lewensmiddele ontneem en het geen geld gehad om voedsel mee te koop nie en dan nog op so skamele dieet geplaas in die winter.

Inwonertal aan die einde Mei maand was 1531 wat tot die einde van Junie gestyg het tot 4000.Volgens die Dameskomitee het die kamp inwoners op 28 September op die getal van 5,408 te staan gekom.

Daar is vandag geen ererol met die name van die afgestorwenes by hierdie begraafplaas nie. Volgens rekord was daar 766 sterftes in hierdie kamp. 664 Kinders onder die ouderdom van 15 jaar en 102 persone oor die ouderdom van 15 jaar. Alhoewel daar 878 grafte opgemaak is in hierdie konsentrasiekamp begraafplaas.

In die boek “Stemme uit Vrouekampe” skryf Mevrou P.S. Botha in haar verklaring: “Die rantsoen wat ons in die kamp ontvang het, was van so ‘n aard dat ons uit twee borde meel een piering vol vitrioel gesif het”

“Die vleis wat hulle aan ons uitgedeel het, het meer na ‘n mengsel bloed gelyk en later het hulle karre daarvan weg gery daar die dokters verklaar het dat baie siektes en sterfgevalle daaraan te wyte was. Die blikke vleis wat ons gekry het, het die mense wat dit gekry het , se monde so seer gemaak dat hulle niks meer kon eet nie en van die honger om gekom het. In die melk wat daar aan ons verskaf is, was daar iets ingegooi en dit het die melk laat opkook asof dit op ‘n vuur staan en kook.”

Die kamp is gesluit in November 1902.

 

So lyk Krugersdorp se Konsentrasie kamp Begraafplaas soos afgeneem Desember 2011

 

 

 

GPS Koordinate: S26°6’7.22″ E27°45’36.30″


View Larger Map

    NUUS

    • JAKOBUS HERCULAAS DE LA REY
    • DANIËL JOHANNES STEPHANUS THERON
    • BRONKHORSTSPRUIT KONSENTRASIE KAMP

      Hierdie Konsentrasiekamp het ons nog nie besoek nie. Indien U oor enige inligting van hierdie Kons…

Powered by WordPress. Built on the Thematic Theme Framework.