Oor hierdie konsentrasiekamp is daar byna geen inligting beskikbaar nie.
Dr W.H. Addison het verklaar in getuienis oor die keuse van die Merebank kamp dat Isipingo meer ongesond sal wees as gevolg van die feit dat die grond laer geleë was en dat daar geen watervoorraad beskikbaar was nie.
J.C. Otto noem dat daar geen besonderhede van hierdie kamp in amptelike verslae voorkom nie.
Daar is wel ‘n monument te Isipingo wat die bestaan van die Konsentrasiekamp bevestig.
Die sterftes word aan gegee as 22 persone.
Soos afgeneem Januarie 2014
GPS Koördinate: S29°59’18.61″ E30°55’28.79″
Bronnelys: Die Boerevrou, 1899 -1902 Deel 2 Kampsmarte