Skip to content
  • TUIS
  • WELKOM
  • OU REPUBLIEKE
    • BLOEDRIVIER GELOFTE
    • DIE REPUBLIEK WAPENS
    • PAARDEKRAAL VERBOND
    • PRESIDENTE
    • VOLKSLIEDERE
  • MONUMENTE
    • BURGER MONUMENTE
      • MAFEKING
      • ZEERUST
    • PAARDEKRAAL MONUMENT
    • SANDRIVIER KONVENSIE
    • VROUE MONUMENT
    • SLAGVELDE
      • AMAJUBA
      • BERG EN DAL
      • ELANDSRIVIER / BRAKRIVIER / BUFFELSHOEK
      • SPIOENKOP
  • GALERY
  • KONSENTRASIE KAMPE
    • KAAP
      • ALIWAL NOORD
      • KUBUSI
      • KIMBERLEY
      • PORT ELIZABETH
    • NATAL
      • HOWICK
      • ISIPINGO
      • JACOBS
      • MEREBANK
    • TRANSVAAL
      • BALMORAL
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BARBERTON
      • BELFAST
      • BRONKHORSTSPRUIT
      • HEIDELBERG
      • IRENE
      • KRUGERSDORP
      • MIDDELBURG
      • STANDERTON
    • VRYSTAAT
      • BETHULIE
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BLOEMFONTEIN
      • KROONSTAD
    • KRYGSGEVANGENES
    • SWART KONSENTRASIEKAMPE
      • BRANDFORT
      • KRUGERSDORP
  • KONTAK

PORT ELIZABETH

Die kamp is in Oktober 1900 geopen en is in n Amptelike Britse verslag genoem die “Port Elizabeth Boer Exile Camp”. In die herinnering skrif van  J Fox-Smith superintendent van die kamp, laat blyk dat die “Boer Exile Camp” en die konsentrasiekamp twee verskillende kampe was. Die kamp was ook deeglik omhein en ’n verslag van Maart 1901 lui dat daar twee kampe was, twintig tree van mekaar, omring deur ’n draadversperring en dat daar wagte was wat ontsnappings moes verhoed.

Die kamp in Port Elizabeth het ook ’n kamp skool gehad. Hierdie kamp is geteister deur onophoudelike winde en somtyds was die hitte ook ondraaglik. Water in hierdie kamp was skaars en is in tenks aangery na die kamp, baie dikwels het die vroue teen 4 uur smiddags nog geen waswater ontvang om hulself en hulle kinders mee te reinig nie.

In hierdie kamp was daar baie swak tente sonder vloere asook sinkgeboue van om en by 2.5meter x 3 meter wat meestal deur 4 families bewoon is. Soos die geval met die meeste van hierdie konsentrasiekampe, was daar geen tafels, stoele of beddens nie en ’n groot tekort aan beddegoed. In hierdie kamp was nie eens blakers vir die kerse beskikbaar nie. Die vroue is soos mans gevangenes behandel en moes persoonlik die “roll call” beantwoord, baie onder omstandighede waarin hulle hul nie sou wou vertoon nie.

“Na ’n tyd in die kamp is ’n sink kamp van ongeveer tien vierkante tree in die kamp opgerig en die vroue is byeengebring en deur die kommandant meegedeel dat dit ’n tronk was wat opgerig is vir die vroue wat weerstandig was. Hulle sou slegs op brood en water gevoed word en, indien verswak as gevolg van die aanhouding, deur ’n dokter ondersoek word en, sou hy van mening wees dat hulle nog ’n dag kon lewe, sou hulle ook vir dié dag aangehou word. Die sink tronk was bedoel as ’n afskrikmiddel vir die Boerevroue. Die kinders was verplig om skool toe te gaan en daar is hulle dikwels aangerand deur ’n vrou wat hulle met ’n leerband geslaan het.”

Die inwoner tal van hierdie kamp was volgens Plowright 278 Boere in die kamp, vergeleke met getalle van 358. 386 en 372 op 27 Maart, op 15 Julie en teen die einde van Augustus 1901 in die twee (manlike en vroulike) kampe respektiewelik.

In hierdie kamp is daar in totaal 14 persone oorlede waarvan 12 persone onder die ouderdom van 15 jaar was en 2 persone bo die ouderdom van 15 jaar.

Port Elizabeth Kamp terrein (2)

Hierdie is ’n gedenkplaat op die terrein waar die Konsentrasiekamp  van Port Elizabeth geleë was.

Port Elizabeth Kamp terrein (1)

Soos afgeneem in April 2012

Port Elizabeth (2)

Port Elizabeth (1)

Soos afgeneem in April 2012

Bronnelys: Die Boerevrou 1899 – 1901 – Volume 2: Kampsmarte deur A.W.G. Raath

GPS Koördinate: S33°55’22.91″ E25°36’28.46″


View Larger Map

    NUUS

    • JAKOBUS HERCULAAS DE LA REY
    • DANIËL JOHANNES STEPHANUS THERON
    • BRONKHORSTSPRUIT KONSENTRASIE KAMP

      Hierdie Konsentrasiekamp het ons nog nie besoek nie. Indien U oor enige inligting van hierdie Kons…

Powered by WordPress. Built on the Thematic Theme Framework.