Op Februarie 1881 het die slag van Amajuba plaasgevind wat die einde van die Eerste Vryheidsoorlog beteken het.
In hierdie slag word die leier van die Britse magte, Sir George Pomeroy Colley, gedood. Volgens verskeie bronne is hy in die Mount Prospect Militêre begraafplaas begrawe.
Die man in beheer van die Boerkommando was Nicolaas Smit.
In hierdie veldslag verloor die Britte 280 man, sommige dood, verwond of gevange geneem. ‘n Ander bron gee die getal aan as 285 man, waarvan 92 gedood, 134 gewond en 59 gevange geneem is.
Aan die Boere se kant was daar vyf man gewond, waarvan een later oorlede is en een man is gedood tydens die slagveld. Hulle name was: J. Bekker en J.J. Groenewald en verskyn op die gedenknaald van die eerste Vryheidsoorlog in Volksrust.
Bo-op Amajuba berg word die volgende gevind:
‘n Merker om die plek te merk waar Sir Pomeroy Colley geval het.
a href=”https://www.boererepublieke.co.za/wp-content/uploads/2014/02/IMG_5756.jpg”>
Die graf van Cornwallis Maude, enigste seun van Viscount Hawarden, wat maar net 28 jaar oud was:
‘n Monument met die name van die afgestorwe Britse Soldate :
Dan is daar nog ‘n monument wat 40 name bevat van afgestorwene Britse Soldate tydens hierdie slagveld (Sonder Sir George Pomeroy Colley):
Foto’s geneem Januarie 2014
GPS Koördinate: S27°28’39.17″ E29°51’1.33″
Bronnelys: Field Guide to the Battlefields of South Africa deur Nicki von der Heyde
Internet bronne: Wikipedia – http://en.wikipedia.org/wiki/George_Pomeroy_Colley
eGGSA – Grafsteen versameling – http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=1452670