Gasheer: Anton Gasvrou: Mariette
Welkom, welkom, hier op die drumpel van hierdie moderne Boerehuis.
Hiervandaan, gaan u opregte Boeregasvryheid, eerlikheid en opregtheid ervaar, want u het nou te doen met Boere adel.
Ons boodskap aan u is dat u by ons welkom sal voel, want ons sal u hand ferm skud, ons Boere sal u ferm in die oë kyk;met u onomwonde saamstem as u standpunt reg is, ook beslis, maar met nederigheid van u verskil, as ons dink dat nodig is.
Ons Boere se stryd is ‘n stryd om Vryheid, onbesoedel en onbevange, soos suiwergoud. Hieroor het ons nie iets met tierlantyntjies of vrome voorwoordjies nie. Ons is wat ons is. Ons sal niks anders kan wees nie. Ons kom uit ‘n Volk wat ‘n bitter prys betaal het om vry te wees. Ons is nog nie vry nie, maar ons verag knegskap.
Vryheid ons leuse, Vryheid ons keuse.