Skip to content
Menu
  • TUIS
  • WELKOM
  • OU REPUBLIEKE
    • BLOEDRIVIER GELOFTE
    • DIE REPUBLIEK WAPENS
    • PAARDEKRAAL VERBOND
    • PRESIDENTE
    • VOLKSLIEDERE
  • MONUMENTE
    • BURGER MONUMENTE
      • MAFEKING
      • ZEERUST
    • PAARDEKRAAL MONUMENT
    • SANDRIVIER KONVENSIE
    • VROUE MONUMENT
    • SLAGVELDE
      • AMAJUBA
      • BERG EN DAL
      • ELANDSRIVIER / BRAKRIVIER / BUFFELSHOEK
      • SPIOENKOP
  • GALERY
  • KONSENTRASIE KAMPE
    • KAAP
      • ALIWAL NOORD
      • KUBUSI
      • KIMBERLEY
      • PORT ELIZABETH
    • NATAL
      • HOWICK
      • ISIPINGO
      • JACOBS
      • MEREBANK
    • TRANSVAAL
      • BALMORAL
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BARBERTON
      • BELFAST
      • BRONKHORSTSPRUIT
      • HEIDELBERG
      • IRENE
      • KRUGERSDORP
      • MIDDELBURG
      • STANDERTON
    • VRYSTAAT
      • BETHULIE
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BLOEMFONTEIN
      • KROONSTAD
    • KRYGSGEVANGENES
    • SWART KONSENTRASIEKAMPE
      • BRANDFORT
      • KRUGERSDORP
  • KONTAK

KIMBERLEY

Daar was twee kampe in Kimberley. Die Newton kamp wat geopen is in Maart 1901 en die Beaconsfield kamp wat geopen is Julie 1901.
Die kamp was omhein met ‘n 8-voet hoë doringdraad wat uit twee en twintig drade bestaan het.

Die kamp was op kaal grond van ‘n sanderige gebied geleë. In Desember 1901 is die kamp deur ‘n storm getref, swaar wind en donderweer, die tente was  gou met water gevul. Om 12 uur die nag moes die mense opstaan om die tente te stut want die sand word sag as dit nat word.
In hierdie kamp het daar ook soos in baie van die kampe ‘n masel epidemie uit gebreek.

In Junie was daar 2,186 persone wat in die Kimberley kamp gewoon het.

In hierdie kamp sterf daar volgens rekord 531 persone, waarvan 431 persone onder die ouderdom van 15 jaar was en 100 persone bo die ouderdom van 15 jaar was.

In hierdie kamp het die mense ook “vrekvleis” gekry later was daar ook “ys-vleis”, hulle het ook te min hout en “brandstof” gekry om die kos gaar te maak.

Die egpaar Wessels vertel die volgende:
“Met ‘n pond ys-vleis en weinig meel moes ons van leef en menige dag kon ons geen kos gaar kry nie omdat ons geen hout het nie, sodat ek en my vrou meer as een aand gaan slaap het sonder om te eet. Dit kon ons nie uithou nie, want ek en my vrou is beide hoog bejaard. Ek was toe 72 en my vrou 75 jaar en ons moes 14 maande in die moordkamp leef.”

Die vroue moes hulle die brood deeg knie, daarna moes hulle dit na die dorp neem om gebak te word. Die deeg word dan 2 uur dorp toe geneem en word eers 7 uur die aand gebak. Nodeloos om te verduidelik hoe dit dan gesmaak het.

Die kamp is eers in Januarie 1903 gesluit.

So lyk die Monument wat opgerig is vir die Kimberley konsentrasiekamp soos afgeneem April 2012

Kimberley oorsig

Kimberley Konsentrasiekamp

Kimberley sterftes bo 16 jaar Arundel - Zwiegeland

Kimberley sterftes onder 16 Basson - Gertenbach

Kimberley sterftes onder 16 Gouws - Scholtz

Kimberley sterftes onder 16 jaar Scholtz - Visser

GPS Koördinate: S28°44’39.27” E24°45’30.59”


View Larger Map

Recent Posts

  • JAKOBUS HERCULAAS DE LA REY
    September 15, 2016
  • DANIËL JOHANNES STEPHANUS THERON
    September 5, 2016
  • BRONKHORSTSPRUIT KONSENTRASIE KAMP
    August 31, 2016
  • SLAG VAN BERG EN DAL – 27 AUGUSTUS 1900
    August 27, 2016
  • GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN SEPTEMBER
    August 27, 2016
©2026 | WordPress Theme by Superbthemes.com