Die Vrouemonument in Bloemfontein ter ere van al die Vroue en kinders wat gesterf
het tydens die Tweede Anglo – Boere Oorlog 1899 – 1902
In 1907 word daar ‘n konferensie gehou oor die voorstelling van President Steyn, dat daar ‘n Monument ter ere van die vroue en kinders, wat in die konsentrasie kampe van die Tweede Anglo-Boere oorlog (1899 – 1902), gesterwe het.
Daar moes 10 000 pond ingesamel word om die monument te bou. Daar is versamelings lyste opgestel en gou kon agter gekom word dat hierdie monument nie uit die rykdom van die rykes gebou sal word nie maar uit die armoede van die armes.
Die monument het bekend gestaan as die twee en ses monument. Twee sjielings en 6 pennies was in daardie tyd genoeg om een maaltyd mee te koop.
Die Monument is ontwerp deur Frans Soff en Anton van Wouw.
Van Wouw het na Italie vertrek, waar hy vir twee jaar aan die beeld en twee sypanele gewerk het.
In hierdie tyd het Emily Hobhouse hom gereeld besoek en het aan hom vertel van die ervaring wat sy by Springfontein gehad het. Nadat Van Wouw hierdie vertelling gehoor het, het hy besluit om die oorspronklike beeld van die Moeder met twee kinders aan haar voete, aan te pas.
Die een sypaneel is gebaseer op ‘n foto van ‘n gesin wat hul afgebrande plaas verlaat, terwyl die ander sypaneel ‘n uitbeelding is van die kamplewe. Hierdie paneel is ook aangepas, nadat Van Wouw besluit het om die hoofbeeld te verander, het hy die moeder en sterwende kind, wat oorspronklik op die sypaneel sou kom, vervang met twee ander kinders.
Die beeld en panele is verskeep na Kaapstad en per trein na Bloemfontein geneem. Sandsteen blokke is van Kroonstad af gebring om die monument mee te bou.
Die inwyding van die Monument is op 16 Desember 1913 gehou en vanweë swak gesondheid kon Emily Hobhouse dit nie bywoon nie.
President Steyn, Mevrou Steyn, Generaal De Wet, Dominee Kestell asook die as van Emily Hobhouse, is by die Monument begrawe.
Die monument is gebou ter herrinnering aan die hoë offer wat die Boerevroue en kinders gebring het tydens die Tweede Anglo-Boere oorlog, vir die twee Boererepublieke. Ons mag dit nooit vergeet nie.
GPS Koordinate: S29°8’29.80″ E26°12’30.06″