Die konsentrasie kamp van Heidelberg is een van die oudste kampe en was reeds aktief in Oktober 1900.
Teen Februarie 1901 was daar 1200 mense in die kamp.
In hierdie kamp sterf daar, volgens rekord, 499 persone waarvan 408 persone onder die ouderdom van 15 jaar en 91 persone oor die ouderdom van 15 jaar was.
Die kamp is in November 1902 gesluit.
Soos afgeneem in Mei 2012
GPS Koordinate: S26°29’4.63″ E28°22’14.02″