Skip to content
Menu
  • TUIS
  • WELKOM
  • OU REPUBLIEKE
    • BLOEDRIVIER GELOFTE
    • DIE REPUBLIEK WAPENS
    • PAARDEKRAAL VERBOND
    • PRESIDENTE
    • VOLKSLIEDERE
  • MONUMENTE
    • BURGER MONUMENTE
      • MAFEKING
      • ZEERUST
    • PAARDEKRAAL MONUMENT
    • SANDRIVIER KONVENSIE
    • VROUE MONUMENT
    • SLAGVELDE
      • AMAJUBA
      • BERG EN DAL
      • ELANDSRIVIER / BRAKRIVIER / BUFFELSHOEK
      • SPIOENKOP
  • GALERY
  • KONSENTRASIE KAMPE
    • KAAP
      • ALIWAL NOORD
      • KUBUSI
      • KIMBERLEY
      • PORT ELIZABETH
    • NATAL
      • HOWICK
      • ISIPINGO
      • JACOBS
      • MEREBANK
    • TRANSVAAL
      • BALMORAL
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BARBERTON
      • BELFAST
      • BRONKHORSTSPRUIT
      • HEIDELBERG
      • IRENE
      • KRUGERSDORP
      • MIDDELBURG
      • STANDERTON
    • VRYSTAAT
      • BETHULIE
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BLOEMFONTEIN
      • KROONSTAD
    • KRYGSGEVANGENES
    • SWART KONSENTRASIEKAMPE
      • BRANDFORT
      • KRUGERSDORP
  • KONTAK

JACOBS

Hierdie Konsentrasiekamp was ongeveer ‘n halfmyl oos van die Merebank kamp.

Op 12 Februarie 1902 is daar gerapporteer dat die kamp byna gereed was vir 3000 inwoners, alhoewel dit ook in November 1901 gerapporteer is. In November 1901 is daar berig dat die kamp slegs uit hout en sinkstrukture bestaan. Alhoewel dit bietjie beter was as die nat klok tente was die huisies steeds baie beknop.

Mevrou Hendrina Margaretha Scheffer skryf dat baie vroue dikwels van die Merebank Kamp na die Kamp te Jacob’s weggeloop het. Daar is nie baie inligting beskikbaar oor hoe dit in die Jacobs Konsentrasiekamp gegaan het nie.

Die sterftes in hierdie kamp beloop 65, waarvan 52 kinders onder die ouderdom van 15 jaar was en 13 persone bo die ouderdom van 15 jaar was.

Die gedenknaald vir die Jacobs Konsentrasie kamp bevat die 65 name van al die afgestorwenes van die kamp, waarvan die jongste 10 dae oud was en die oudste 87 jaar was.

Die naald is reg oorkant ‘n begraafplaas, maar weens beperkte tyd met die besoek van die Konsentrasiekamp, kon ons nie die grafte gaan soek van hierdie afgestorwenes nie.

Indien iemand meer inligting het aangaande die plek waar hierdie mense begrawe is, laat weet ons asseblief by info@boererepublieke.co.za

Soos afgeneem Januarie 2014

GPS Koördinate: S29°55’50.39″ E30°59’5.94″


View Larger Map

Bronnelys: Die Boerevrou, 1899 -1902 Deel 2 Kampsmarte

Recent Posts

  • JAKOBUS HERCULAAS DE LA REY
    September 15, 2016
  • DANIËL JOHANNES STEPHANUS THERON
    September 5, 2016
  • BRONKHORSTSPRUIT KONSENTRASIE KAMP
    August 31, 2016
  • SLAG VAN BERG EN DAL – 27 AUGUSTUS 1900
    August 27, 2016
  • GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN SEPTEMBER
    August 27, 2016
©2025 | WordPress Theme by Superbthemes.com