Die 17de Februarie 2013, was dit presies 175 jaar gelede wat die Voortrekker Boere vermoor is by Bloukransrivier deur die Zoeloes.
Nadat Piet Retief en sy manskappe in Dingaan se stat vermoor is, het Dingaan sy manne gestuur om al die Voortrekkers wat nie in die laer was nie en wat teen die Bloukrans rivier en die bolope van die Tugela gebly het, te vermoor.
So het dit dan gebeur dat in die vroeë oggend ure van 17 Februarie 1838, die Boere vermoor is langs die Bloukrans rivier.
CFJ Muller – A pictorial history of the Great Trek, Tafelberg, 1978.
“Die môrester was skaars op toe ’n rumoer meteens by die kamp van die Liebenbergs begin. Daar was ’n geskreeu en die honde het geweldig te kere gegaan: ’n jong man, Daniël Bezuidenhout, het wakker geword en opgestaan om te verneem wat gaande was, maar hy vind die Zoeloes reeds byna in die laertjie van sy familie en hoor hoe sy vader, moeder en susters en sy vrou, nog half aan die slaap, doodgesteek word. Hy self word gewond, maar vlug na die naaste laer om mense daar te gaan waarsku. Intussen word hele gesinne koelbloedig in die donker vermoor, waens word aan die brand gesteek en oor die donker gesigseinder skyn die rooi gloed van verwoesting.”
“Enkele persone het op wonderbaarlike wyse ontkom. Daar was die twee meisies Johanna van der Merwe, met twee en twintig assegaai steke en Catharina Prinsloo, met sewentien, wat albei van hul wonde herstel het. Ook Gert Lukas Joubert, met een en twintig wonde, het die moord oorleef.”
Indien U voorouers ook by Bloukransrivier vermoor is en hul name nie op die naamlys verskyn nie, kontak ons gerus sodat ons dit kan bysit.
Klik op die skakel hieronder om die naamlys op U hardeskyf te stoor:
Naam lys van die Moorde by Bloukrans Rivier

