BOEKE PRYSLYS
Oktober 2012
Boeke is bestelbaar oor die pos, per e-pos, per faks, telefonies of per SMS
Jane Bienedell, Parkerstr. 8, Riviera, Pretoria, 0084
Telefoon Sel 082 663 1881
Vir bestelling per. E-pos: lw@lwboeke.co.za
Faks 086 524 7807 Landlyn 012 329 4083
Indien u enige spesifieke boek soek
kan ons u help soek.
Verskaf die besonderhede van die boek aan ons
tesame met u besonderhede.
Gebruik as titel van u bestelling “Pryslys Oktober 2012 ” gevolg deur die nommers van die boeke en u adresbesonderhede. Ons sal binne 48 uur ontvangs van die bestelling erken.
Alternatiewelik kan u ’n sms met die naam van die boek/boeke wat u verlang deurstuur na 082 663 1881.
Inbetalings vir boekaankope kan gemaak word in die rekening van
J Bienedell, ABSA, spaarrekening no. 905 582 6903
by ABSA takkode 632 005
of
J Bienedell, FNB, spaarrekening no. 623 6338 9802
by FNB takkode 250 655
1. Geskiedenis
1. Ons Geskiedenis deur JP Botha, 243 bls. Sagteband. In hierdie werk word die geskiedenis van Suid-Afrika van die afgelope drie eeue in ‘n verhalende en boeiende trant weergegee. Alhoewel die boek ‘n relatiewe kort relaas oor die geskiedenis van Suid-Afrika bevat, in vergelyking met ander bestaande lywige bundels, verskyn daar op verskeie plekke interessante gegewens wat nie in ander geskiedenisboeke voor kom nie. R125
2. Cape Lives of the Eighteenth Century by Karel Schoeman. Presented in the form of biographies centring on a number of men, women and families varying in status. Cape Lives of the Eighteenth Century provides a vivid survey of the Cape of Good Hope at the end of the Dutch period, during a period of rapid development. R375.00
3. Early slavery at the Cape of Good Hope 1652-1717 by Karel Schoeman. The first slave reached the Cape in 1653, a year after the first white settler party under Jan van Riebeeck landed. Thousands more would follow. Slavery was to remain an institution here until the end of the Dutch period in 1795 and well beyond. R225
4. ‘n Duitser aan die Kaap 1724-1765 deur Karel Schoeman. Aan die hand van eietydse dokumentasie herkonstrueer Karel Schoeman in hierdie title, die lewe van sy Suid-Afrikaanse stamvader, die Duitser Hendrik Schoeman uit Sleeswyk-Holstein. R200.00
5. The early mission in South Africa – Die vroeë sending in Suid-Afrika ‒ Karel Schoeman. In 1799 four missionaries – two English and two Dutch – arrived at the Cape, having been sent out by the London Missionary Society. This is their story. R200.00
6. Early white travellers in the Transgariep, 1819–1840 by Karel Schoeman. White hunters from the Cape Colony visited the area now known as the Free State from the end of the eighteenth century. In 1825 seasonal migration to the region by white farmers was officially allowed, which soon developed into permanent settlement. R130.00
7. Op die Oosgrens 1806-1814, 114 bls., 1 kaart, deur PL Zietzman (1940). In die voorwoord skryf Zietsman dat baie weinig oor hierdie tydperk in ons geskiedenis te boek gestel is, dus het hy veral van argivale bronne gebruik gemaak. Die boek behandel onder meer die voortdurende strooptogte oor die Oosgrens en die rol van die Engelse, die Boere, die swartes, Hottentotte en Boesmans. Alhoewel die boek op feite berus lees dit soos ‘n spanningsverhaal. R60
8. Gebeurtenisse uit die Grensoorloë van 1834, 1835, 1846, 1850 tot 1853. 109 bls., deur PPJ Coetser Snr. Die boek is oorspronklik in 1889 in die Paarl uitgegee en is in 2002 deur dr JP Botha in Afrikaans vertaal. Die boek bevat talle spannende ware avontuurverhale. R60 [Vorige titel: Gebeurtenisse uit die Kafferoorloë van 1834…]
9. Die Adendorff-Trek deur Thos Blok. Sagteband, 113 bls. In hierdie boek word `n kort oorsig gegee van `n trek wat in dié tyd onder verskillende name soos Mashonaland-trek; Banjailand-trek en Adendorff-trek bekend gestaan het. Dis duidelik dat die laaste naam die beste sou wees, omdat Adendorff beter bekend is. Die ideaal van daardie Trekkers was om “`n eie land met `n eie vlag” te stig. Suid-Afrika en die regering het `n wet aangeneem waarin “`n eie vlag” vasgestel is. Dit is nou welaangename tyd om `n bietjie belangstelling te toon vir `n bladsy uit die Afrikaanse geskiedenis wat met soveel stilswyende minagting, oor die hoof gesien word. R65
10. Vryheidstryd van die Afrikaner vanaf volksplanting tot volksversaking deur dr Pieter Möller. 431 bls., sagteband. Die boek oorspan die hele geskiedenis van die Afrikanervolk vanaf 1652 tot 1999. Ofskoon die boek deur ‘n historikus, op ‘n feite-getroue wyse geskryf is, lees dit lekker vloeiend en is dit baie interessant. R170
11. Drie Eeue van Onreg deur Dr JP Botha, 230 bls. Botha verskaf ʼn geskiedkundige oorsig van ʼn viktimiesasieveldtog wat oor drie eeue teen die Afrikaners en Boere gevoer word, eers deur die VOC en toe deur die Britte en hulle handlangers. R100
12. Die Rebellie van 1914 (5 skrywers) In hierdie boek word die ses hoof figure van die 1914-15 rebellie behandel, naamlik Generaals De Wet, De la Rey, Beyers, Kemp, Maritz en Kommandant Jopie Fourie. Siener van Rensburg speel ook ‘n belangrikke rol. In 1996 gepubliseer. R50
13. Generaal JCG Kemp en die epiese Woestyntog deur MCE van Schoor. 376 bls, 30 fotos, met een groot oopvou kaart. Gedurende die Rebellie van 1914-1915 vind een van die merkwaardigste episodes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis plaas. Genl. Jan Kemp en sy Rebellekommando van 600 man pak ‘n uitmergelende tog deur die Kalahari-woestyn aan om aansluiting te probeer vind by genl. Manie Maritz. Die tog, wat op 2 November 1914 begin het, sou haas onbeskryflike eise aan mens en dier stel. Siener van Rensburg speel ‘n prominente rol maar sy raad word nie altyd aanvaar nie, met nadelige gevolge. Na 700 km bereik die kommando op 29 November die Duitswes-Afrika-grens by Nakop. By Nous, Lutzputs en Upington raak die rebelle met die Regeringsmagte slaags. R180
14. Rebellie-Sketse deur P.H.S Boshoff, 133 bls. In die boek word die wedervaringe van Rebelle uit die 1914 Rebellie, feitlik in ʼn ooggetuieverslag weergegee. Boshoff het ook ʼn belangrike aandeel in die rebellie gehad. R85
15. Die Vierkleur Wapper Weer – Die visioene van Siener van Rensburg, deur prof. AWG Raath en Nellie van Zyl, 480 bls. Sagteband. R190
16. Louw Wepener ‒ Die Oorloë van die Oranje-Vrystaat met Basoetoland, deur F.D.J. Wepener. Sagteband, 81 bls. R45
17. Oorlogsavonture van genl. Wynand Malan deur H.J.C. PIETERSE. Sagteband, 396 bls. Die boek beskryf ervarings in die worstelstryd om vryheid, 1899-1902, en die heldedade waarvan almal wat saam met genl. Malan geveg het, getuie was. Wie die verlede van `n strydende volk in ere hou, sal met nasietrots besiel word deur die lees van hierdie boek. Van al die boeke wat oor die Tweede Vryheidsoorlog handel, is hierdie een die pakkendste verhaal van durf en mannemoed en `n baie belangrike bydrae tot die geboekstaafde geskiedenis van daardie tyd. R160
18. Vreeslose Drienie – Die Lewe van Hendrina Joubert deur Celestine Pretorius, 106 bls., 35 X 40 cm. Hardeband met glansomslag. Ongeveer 200 foto’s en prente. Die boek is sowel ʼn fotobiografie as ʼn outobiografie wat handel oor die eggenote van die Kommandant-generaal van die ZAR, Piet Joubert. Sy is op 27 Oktober 1830 digby Richmond in die Kaap gebore. Sy het as jongmeisie die Groot Trek meegemaak en het verskeie aanvalle deur swartes oorleef, ondermeer by Vegkop. Daar word berig oor hoe sy die jong Piet Joubert ontmoet het en oor hul getroude lewe. In teenstelling met die meeste vroue van haar tyd, het Drienie aktief in haar man se loopbaan en militêre operasies belanggestel en het hom op die meeste van sy militêre togte wat hy uit die aard van sy pligte as kommandant-generaal moes uitvoer, vergesel. Die beroemste insident was by Majuba toe sy die Engelse op die berg gesien, en alarm gemaak het. Haar belangrike rol in die 1915 vroue-optog na die Uniegebou, om te pleit vir die vrylating van die rebelleleiers van die 1914-15 rebellie, word op dramatiese wyse bespreek. R250
19. Die verhaal van Johanna Brandt. Johanna en Lou Brandt se liefdesverhaal en die Anglo-Boereoorlog is nou verweef. Met Johanna se veelkantinge persoonlikheid het sy op uiteenlopende terreine bekendheid sowel as omstredenheid verwerf. Onreg het sy daadkragtig beveg. Met al die beperkinge van haar tyd, het sy hulp verleen en daarmee ‘n blywende indruk agter gelaat. R120
20. Die Burgemeester van Sannaspos. Die boek is die oorlogsoutobiografie van NJ van der Merwe. In 1900 was NJ van der Merwe op 11 jarige ouderdom die oudste manlike persoon op Sannaspos, en is hy straks as Burgemeester benoem. Later het Sannaspos se mense in die Norvalspont-konsentrasiekamp beland (NJ van der Merwe was ook die eerste hoofleier en stigterslid van die Voortrekkerbeweging en skoonseun van Pres. Steyn) R85
21. Die Gedenkskrifte van Paul Kruger – Sy herinneringe soos meegedeel aan HC Bredell en Piet Grobler. Die boek kan beskou word as president Paul Kruger se outobiografie. 258 bls. R125
22. Die Lewe van Paul Kruger deur Ds JF Viljoen, 102 bls, sagteband met kleuromslag R65
23. Paul Kruger – Christen-Volksman-Staatsman deur Dr F Postma, 164 bls, sagteband met kleuromslag. R80
24. Kruger in Lourenco Marques deur Prof. OJO Ferreira, A5, sagteband, 114 bls, 38 fotos en prente. In die unieke boek word ʼn klem gelê op die tydperk van 11 September 1900 tot 20 Oktober 1900 in Paul Kruger se lewe. Op 11 September hy hy die ZAR gebied verlaat en met die trein na Lourenco Marques gereis. In LM is hy as gas van die goewerneur goed behandel en opgepas. Op die 20ste Oktober 1900 het hy Lourenco Marques met die Hollandse oorlogskip “Die Gelderland” verlaat en na Europa gereis. Paul Kruger is in opdrag van die ZAR regering na Europa gestuur om moontlike oorlogshulp vir die Boere te probeer beding. R75. Ook beskikbaar in Engels met die titel: Kruger in Lourenco Marques.] R75
25. Paul Kruger se Laaste Jare deur prof Paul Zietsman. 50 fotos ondermeer ‘n foto van Paul Kruger wat nog nooit voorheen gepubliseer is nie. Prof Zietsman is ‘n historikus en ‘n deskundige oor die laaste staatpresident van die ZAR. Die boek handel oor die jare 1900 tot 1904 in Paul Kruger se lewe. Die boek is die mees omvattende boek wat gepubliseer is oor hierdie tydperk van sy lewe. Dit beskryf ondermeer die duisende mense wat hom in verskeie Europese lande op spoorwegstasies en in hawens ingewag het om hom ‘n heldeontvangs te gee. Nog nooit tevore of daarna het ‘n persoon van Suid-Afrika sulke ontvangste aanskou nie. Die boek sluit af met Paul Kruger se begrafnis in Pretoria op 16 Desember 1904. R190
26. Hans Dons de Lange – Bobaasverkenner van die Voortrekkers deur Buks du Plessis. 260 bls. Sagteband met kleuromslag. Hierdie is die mees omvattende biografie wat nog oor hierdie beroemde Voortrekker verskyn het. R100
27. Die wit Kraai deur Anna de Villiers. Hans Dons de Lange het feitlik `n legendariese figuur onder die Afrikanervolk geword. Daar het so baie verhale om hom ontwikkel dat dit moeilik is om die ware grens tussen die werklikheid en die legende te bepaal. Anna de Villiers moes dus die materiaal sif en skei, en het haar meestal deur die geskiedenis laat lei, soos sy dit in die Natalse Argief nagespoor het. R120.00
28. Paul – Die lewe van Paulus Jacobus du Plessis – Pionier van Swaërshoek deur Buks du Plessis, ʼn onbekende maar begaafde skrywer. 283 bls. In 1798 het Paul met sy ouers van Tulbagh distrik na die Nuweveld-berge en Kamdebo getrek tot by Swaërshoek in die distrik Somerset-Oos. Hy word heemraad en veldkornet. Paul het ʼn uiters avontuurlike lewe gelei in ‘n tydperk waaroor bittermin oor ons geskiedenis bekend is. Prys R120
29. Marthinus Theunis Steyn – regsman, staatsman en volksman deur MCE van Schoor. A5, Sagteband met kleuromslag, 448 bls, 50 fotos. Volgens tydgenote het pres. Steyn ʼn besonderse optimistiese lewensuitkyk gehad. Dit is te betwyfel of hy sonder hierdie eienskap die uitstaande staatsman en volksman sou geword het om as voorbeeld te dien vir die nageslagte. Net soos in Steyn se tyd, leef vandag se Afrikaner weer in ʼn tyd waarin ʼn optimistiese lewensbeskouing hom oor allerlei hindernisse moet en kan dra. Hierin lê die waarde van die boek. Dit handel oor ware gebeurtenisse in ons geskiedenis. Dit handel oor ʼn man se wil van staal om sy volk te lei en sy volk se eer en selfrespek te te red en te bewaar. Die lewensverhaal van pres. Steyn is ineengestrengel met die groot histories gebeurtenisse en persoonlikhede van sy tyd, vriend en vyand. Die leser van hierdie biografie leer dus baie oor die geskiedenis asook oor ander persoonlikhede met wie pres. Steyn in aanraking gekom het. R225.00
30. Pres. Steyn aan die woord – openbare geskrifte en toesprake van Marthinus Theunis Steyn, vertaal, byeengebring en van aantekeninge voorsien deur JJ Oberhoslter en MCE van Schoor. 237 bls. R130
31. Maar Doodkry is Min deur Willem Naude, 206 bls. Sagteband. Willem Naude, ʼn inwoner van Vrede het jare spandeer om die geskiedenis van sy omgewing na te vors en op te teken. Die boek bevat n kultuurhistoriese verslag van die verloop van die Anglo-Boereoorlog 1899-1902. Gebeure, hoofsaaklik in die Noordoos-Vrystaat word toegelig deur die bekendstelling van, tot dusver onbekende dagboeke, dokumente, foto’s en vertellings van algemene belang. Behalwe interessante vertellings, bevat die boek talle foto’s en afdrukke van oorspronlike dokumente, handgetekende kaarte, amtelike dokumente, naamlyste ens. R120
32. Derdepoort-Skandvlek op die Engelse Militêre Geskiedenis deur JP Botha, 84 bls. Derdepoort is geleë digby Rustenburg aan die Marico-rivier. Op die oggend van 25 November 1899 is die vrouens, kinders en ander inwoners deur ʼn swart huurmag onder bevel van Britse offisiere aangeval. 45 mans, vrouens en kinders het gesterf. Die boek bevat ook inligting oor die aktiwiteite van Boerekommando’s op die Noordelike en Noord-westelike grense van die ZAR wat selde in ander boeke voorkom. R60
33. Christiaan Rudolph de Wet Krygsman en Volksman deur MCE van Schoor, 325 bls, 40 fotos, slapband met glansomslag. Hierdie boek wat onlangs [Julie 2007] vir die eerste keer gepubliseer is, is die mees omvattende biografie wat nog oor De Wet verskyn het. Ongeveer ʼn derde van die inligting in die boek, kom uit argiewe en was waarskynlik nog nooit voorheen gepubliseer nie. Twee derdes van die boek handel oor De Wet se lewe voor en na die Anglo-Boereoorlog. Rigtinggewend vir ons tyd. R200
34. The Boer Fight For Freedom deur Michael Davitt, 586 bls. Hardeband, kunsleer omslag met goue letters. Davitt was ʼn Ier wat hom 1899 na Suid-Afrika gehaas het om die Boere te kom help. As bekwame offisier het hy die hele oorlog deur geveg en wêreld beroemdheid vewerf. R350 [Afleweringstydperk is drie weke]
35. Die Kaapse Rebelle van die Hantam Karoo tydens Die Anglo-Boereoorlog deur Eben Nel, A4 formaat, 710 bls. Ongeveer 100 s/w en kleurfoto’s, kaarte en dokumente. Hardeband met glansomslag. Met die tweede inval in die Kaapkolonie deur die Republikeinse magte onder leiding van n briljante offisierskorps, is daar ‘n beroep op die koloniale Afrikaners gedoen om by hulle aan te sluit. Die rebelle van die Hantam Karoo het nie op hulle laat wag nie. Willem Steenkamp, die bekende skrywer skryf dat hierdie boek die oorlogs-bedrywighede in die Hantam Karoo vir die eerste keer in detail aanspreek. Verder skryf hy: “Hierdie boek sal ook ʼn bietjie koue water in die gesig wees vir die Vrystaters en Transvalers wat al die jare geglo het dat net hulle geveg het, en dat die Kaaplanders papbroekig op hulle hande gesit het. Dat die boek op plekke opspraak sal verwek, is nie te betwyfel nie.” Genl. CR de Wet het verklaar: “Die Kaapkolonie was vir ons van groot hulp omdat hulle die vyand genoodsaak het om 50 duisend troepe uit die republieke te onttrek.” R380
36. Komdt. Danie Theron – Baasverkenner van die Tweede Vryheidsoorlog deur JH Breytenbach,232 bls.Die boek het in 1950 vir die eerste keer die lig gesien en is in 2002 heruitgegee. Danie Theron se krygslis en dapperheid het so legendaries geword dat in die latere RSA die Danie Theron-krygskool na hom vernoem is. R125
37. Die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902 deur G.D. Scholtz. Twee politieke strewes het in die laaste jare van die negentiende eeu in Suid-Afrika direk met mekaar gebots: Britse imperialisme en Afrikaanse nasionalisme. Die boek beskryf vele insidente en ’n geleidelike opbou van spanning tussen die twee Boere-Republieke en Brittanje. R100.00
38. Die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 deur Prof. Fransjohan Pretorius. Van 1899 tot 1902 is Suid-Afrika beroer deur die botsing tussen een van die wêreld se groot magte – Brittanje – en die hardnekkige vegters van twee klein Boere-Republieke: die ZAR (Transvaal) en die Oranje-Vrystaat. R100
39. Die Oorlogsherinneringe van Genl. Chris Muller 144 bls. Genl. Chris Muller, ʼn baie bekwame generaal, het genl. Ben Viljoen in Oos-Transvaal opgevolg as Boere-aanvoerder na Viljoen se gevangeneming in Januarie 1902. R80
40. Slegtkamp van Spioenkop deur Dirk Mostert, 312 bls. Sagteband, direkte afdruk van oorspronklike. Henry Slegtkamp was ʼn Hollander wat sy gewig aan die begin van die Tweede Vryheidsoorlog ten volle by die Boere ingegooi het. Hy was so ʼn goeie vegter dat sy naam in ʼn kort tydjie wêreldbekend geword het. R125
41. Die Vyf Swemmers deur prof Johan Barnard. 275 bls. 33 fotos, hardeband met glansomslag. Hierdie boek berig oor ʼn ware ontsnappingverhaal uit die Tweede Vryheidsoorlog. Die vyf Boere is in die Vrystaat deur die Engelse krygsgevangene geneem. Nadat hulle in Ceylon aangekom het, slaag hulle daarin om te ontsnap. Hulle word in Rusland en verskeie Europese lande soos helde ontvang. Later keer hulle deur Duitswes terug na Suid-Afrika, sluit by genl. Manie Maritz se kommando aan en veg weer teen die Britte R200
42. The Five Swimmers by prof Johan Barnard. 275 pages, 33 photos, hard gloss cover. A true story about five brave men, who fought in the Boer War, got caught and was send as Boer War Prisoners to Ceylon. After they escaped they travelled through different European countries and came back to South Africa to fight together with Gen. Manie Maritz. R220.00
43. Vir Vryheid en vir Reg deur Genl. JCG Kemp, 467 bls. Kemp tel onder die 10 bekendste Boeregeneraals van die Tweede Vryheidsoorlog,. 29 hoofstukke. Hierdie boek bevat Kemp se Tweede Vryheidsoorlog-outobiografie. Sy kommando het veral in Wes-Transvaal geveg. Sagteband, R200
44. Christiaan Rudolph De Wet 136 bls. Die boek bevat meer as 200 staaltjies uit die lewe van die legendariese Boeregeneraal. R70
45. Lewe die Majoor Deur EP Theron. Die boek handel oor majoor Albrecht, hoof van die Vrystaatse artillerie tydens die Tweede Vryheidsoorlog. 170 bladsye. R75
46. Boerespioen-Fritz Joubert Duquesne – Geen Vergifnis vir Kitchener deur Hans Strydom. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is hy gevang. Hy ontsnap egter en keer na Suid-Afrika terug as ʼn offisier in die Britse leer. Toe hy die verwoesting aanskou wat die Britte in die Republieke aangerig het, het Duquesne ʼn patologiese haat teenoor die Britse bevelhebber, lord Kitchener ontwikkel, en besluit om hom om die lewe te bring, waarin hy uiteindelik ook in geslaag het, volgens skrywers, in 1916 gedurende die Eerste Wêreldoorlog. Gedurende die Wêreldoorloë het hy vir Duitsland in Amerika gespioeneer. ʼn Amerikaanse spioenasie-deskundige het Duquesne se aktiwiteite tydens die Tweede Wêreldoorlog opgesom as “The old Boer was simply the best.” R70
47. Uit die Dagboek van ʼn Wildeboer deur PS Lombard, 176 bls. Lombard was ʼn staande-mag heliografis en het tydens die Tweede Vryheidsoorlog belangrike dienste aan die Boere- generaals gelewer. Hy was ook betrokke by spioenasie en allerlei spannende avonture. R80
48. Op Kommando onder Kommandant Buys Deur JG van der Heever.158 bls. In ʼn lewendige verteltrant berig die skrywer oor sy aandeel aan groot gevegte, treinontsporings en gewone kattekwaad van penkoppe. Kmdt. Buys se kommando het in Oos-Transvaal geveg. R75
49. Veg en Vlug van Beyers en Kemp deur J.F. Naudé, vertaal deur Hymne Weiss in opdrag van die skrywer. Naude was veldpredikant en het ook as sekretaris vir genl’s Beyers en Kemp tydens die oorlog opgetree. Hierdie boek is ʼn belangrikke naslaanbron vir gebeure in Wes-Transvaal tydens en direk na die oorlog. Die nuwe sagteband uitgawe beslaan 333 bls. met 60 foto’s. R150
50. Die Militêre Loopbaan van Manie Maritz tot aan die einde van die Anglo-Boereoorlog deur L.M. Fourie. 100 bls. Ses kaarte, sagteband met kleuromslag. R60
51. Op Kommando met Steyn en De Wet. Oorlogsherinneringe van FF Pienaar. 203 bls., met talle foto’s, hardeband en glansomslag. Pienaar was ‘n Boeretelegrafis wat direk onder Genl. de Wet geveg het. Hy beskryf ook hoe genl. Pienaar die Boere, aan die oosgrens van Transvaal, oorreed het om aan die Portugese oor te gee. Hy is ook later gevang en is as krygsgevangene na Portugal gestuur. R135
52. Generaal Ben Viljoen 1868–1917, Die Boeregeneraal Ben Viljoen was flambojant van geaardheid, romanties, ’n sterk leier, behulpsaam en lojaal. Sy individualisme het hom egter verhinder om effektief in ’n groter georganiseerde eenheid te funksioneer. Hy verkies om sy eie kop te volg. R235
53. Generaal Christiaan de Wet as veldheer. Vanaf Julie tot Augustus 1900 het genl. Christiaan de Wet en sy 2000 tot 2500 man telkens die Britte se vangnet, so vindingryk ontglip dat De Wet ’n legende geword het en besonderse respek by sy vyande afgedwing het. R250
54. Met Generaal de Wet op Kommando, deur sy seun Izak de Wet. Sagteband met kleuromslag. ʼn Hoofstuk word ook gewy aan genl. De Wet se vrou se oorlogervarings. R75
55. In die Vuurlinie (Verhale van burgers onder Genl. CR de Wet) deur S Ign. Mocke. R80
56. Die Leeu van Wes-Transvaal (Genl Koos de la Rey) deur S Ign. Mocke, 181 bls. Soos in die geval van sy boek In die Vuurlinie, is dit ʼn oogetuie verslag van burgers wat onder genl De la Rey geveg het. R90
57. Lord Methuen uitoorlê deur Genl. Koos de la Rey deur GA van der Walt. Van der Walt behandel in hierdie boekie die veldslae van Tweebos en Ysterspruit in Maart 1902 waaraan hy self deelgeneem het. R35
58. Wichmann se Oorlogsavonture vertel deur HF Wichmann, 72 bls. Een kaart geteken deur die skrywer. Wichmann is in 1872 in Hannover, Duitsland gebore. As twaalfjarige seun het hy saam met sy ouers eers na Natal verhuis en toe na Die Nuwe Republiek wat later by die ZAR ingelyf is. Wichmann was lid van Wyk 2 kommando, Piet Retief, wat veral in Suid-Transvaal die stryd gevoer het. Wichmann neem deel aan die historiese tweede inval in Natal onder kommandant-generaal Louis Botha. Wichmann het dagboek gehou waarop hierdie boek gebaseer is. Hy beskryf talle spannende sowel as humoristiese gebeurtenisse. R50
59. Eighteen Months Under General de la Rey by Max Weber. Sagteband, kleuromslag. Weber was ‘n Switserse geoloog wat dagboek gehou het van sy oorlogsavonture. Inligting oor belangrike gebeurtenisse wat in geen ander lektuur vermeld word nie, word hier in besonderheid weergegee. Weber het die vermoë om die humor in ernstige gebeure raak te sien en dit aan die leser oor te dra. R125
60. Hoe Ek Ontsnap Het, deur J L de Villiers ‒ Die merkwaardige ontsnapping van ‘n Boer, vermom as ʼn Indier, uit Engels-Indië. R50.
61. My Lewe en Strewe deur Genl. Manie Maritz. ʼn Groot deel van die boek bevat Maritz se ondervindinge as polisieman en lid van die ZARP’s, sy deelname aan die gevegte in Natal, sy latere bevordering tot veggeneraal in die Kaapkolonie ens. Maritz wy ook uit oor sy politieke-filosofiese siening. Sagteband met kleuromslag. R125
62. Met Ryperd en Mauser, deur Bittereinder JP Botha van die Rustenburgse kommando. [JP Botha was die vader van die skrywer JP Botha asook die oupa van Pik Botha.] Speel hoofsaaklik in Wes-Transvaal af. Sagteband, 108 bls. R75.
63. Joop gaan op Kommando deur M. Jos Venter. As jong seun het Venter geweier om by die huis te sit as sy land deur die vyand bedreig word. ʼn Deel van sy oorlogsloopbaan bring hy onder genl. De la Rey deur. Hy word later gevang en na Bermuda gestuur waar baie humoristiese kattekwaadstreke plaasvind waaronder die uittarting van die kampowerhede. Hy berig ook oor sy vriendskap met Frederick Joubert Duquesne, wat later wêreldberoemdheid verwerf het as meesterspioen. R80
64. Fishan deur Sebastiaan Basson. Die verhaal van Fishan laat ons die Boere-oorlog sien deur die oë van ‘n jeugdige. Die eerste hoofstukke in die boek handel oor die ontberings en verliese wat in die aanvanklike fase van die oorlog gevolg het, wat gelei het tot die ondergang van die Verenigde Boererepublieke. Dit beskryf ‘n ontluikende wêreld, gesien deur die oë van ‘n tiener, wat nog nooit voorheen eers in ‘n stad gekom het nie. Hy word gevange geneem by Badplaats en weggevoer as krygsgevangene, na ‘n plek wat hy nog nooit voorheen van gehoor het nie ‒ Bermuda. Cornelius Janse de Jager wat die bynaam van ‘Fishan’ gekry het, gee ‘n lewendige beskrywing van hulle aankoms in Bermuda en die daaropvolgende verblyf. Lank nadat daar vrede gemaak is is hulle uiteindelik huis toe gestuur, nadat hulle ‘n eed geteken het om nie die wapens teen die Koningin op te neem nie. Deur sy oë sien ‘n mens die verdwyning van voorspoed as ‘n nasleep van die oorlog. Die verskriklike tragedie staar vanuit die swart vensters van elke plaashuis wat aan die brand gesteek is. Met sy broer herenig, het ‘n nuwe lewe begin, die lewe van ‘n landbouvolk, wat moes aanpas by die twintigste eeu en om ‘n nuwe nasie te bou uit die as van die oue. R80
65. Die Hensoppers en Joiners deur prof. Albert Grundlingh, 496 bls., hardeband met glansomslag. [ʼn Engelse vertaling van hierdie boek is ook beskikbaar] Die boek handel oor die Boere wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog na die vyand oorgestap het om teen hul eie mense te veg. Grundlingh skryf: “Die oorlogstydse metamorfose van ʼn Republikeinse burger tot ʼn verraaier in Britse uniform het nie oornag plaasgevind nie. Dit was in die reël ʼn langsame proses wat oor etlike maande gestrek het.” R240.00
66. Waar en Trou saamgestel en geskryf deur P.H.S. van Zyl, 16 afsonderlike verhale uit die Tweede Vryheidsoorlog, 118 bls. Sagteband met kleuromslag. R65
67. Kordaatstukke van Boereverkenners tydens die Tweede Vryheidsoorlog. 124 bls. Sagteband met kleuromslag. R60
68. Ons Weerstand sal die Wêreld Verstom saamgestel deur L.W. Bienedell, 230 bls., 650 aanhalings verdeel in 20 onderwerpe wat handel oor die Tweede Vryheidsoorlog. Oor dié boek het Die Burger berig:“Deurgaans word in hierdie boek van aanhalings uit die werke van volksleiers, Boeregeneraals, Britse offisiere, dagboeke van stryders, historici, skrywers en ander gebruik gemaak om inhoud aan die hoofstukke te gee. Deur die werk sorgvuldig te bestudeer, skakel dit die nodigheid uit om ‘n duisternis ander boeke oor die Anglo-Boereoorlog te gaan oplees om tot die kern van die saak deur te dring.” R150
69. My Reminiscences of The Anglo-Boer War by General Ben Viljoen, 332 pages, copy of 1903 edition. Hardeband in kunsleer gebind. Ben Viljoen se deelname aan die oorlog het gepaard gegaan met baie avontuur en uitoorlê-planne. Deur hierdie ooggetuie verslag kry die leser ʼn goeie idee van hoe die oorlog regtig was. Word meegevoer in die Boere se oorwinnings, lees hoe hulle nederlae verwerk. Talle ander avonture word dikwels humoristies aangebied. R180
70. Three Years War by General Christiaan de Wet. 30 pictures and photos. Softcover in colour. R210
71. Kommando – ʼn Boere-Joernaal uit die Engelse Oorlog [nou in Afrikaans] deur Deneys Reitz, met ʼn voorwoord deur genl. Jan Smuts, 232 bls., slapband. Reitz, die seun van die oudpresident van die Oranje Vrystaat het die oorlog [1899-1902] as sewentienjarige seun binnegegaan. Sedert die boek die eerste keer in 1929 verskyn het, het dit die afgelope 80 jaar ʼn blitsverkoper gebly. R160
72. Met die Boerekommandos deur J.D.Kestell. Die geestelike leidsman J.D. Kestell is die enigste Vrystaatse predikant wat tot aan die einde van die Anglo-Boereoorlog in die veld was – en hoewel die pos as veggeneraal aan hom aangebied is, verkies hy eerder om geestelike leiding tydens die oorlog te gee. R160.00
73. Piet Potlood deur Oswald Pirow, 118 bls., Sagteband. Die Kordaatstukke van ʼn penkopbaasspioen uit die Tweede Vryheidsoorlog. Die Verhaal speel in Potchefstroom en omgewing af. R75
74. Dwarstrekkers, Dwepers en Dokters. Merkwaardige vertellings uit die Anglo-Boereoorlog deur JC (Kay) de Villiers. In Dwarstrekkers, dwepers en dokters vertel Kay de Villiers van ’n hele aantal mense wat die verskrikkings én vermaaklikhede van die Boereoorlog aan eie lyf ervaar het. Prof. De Villiers slaag uitstekend daarin om die lewens van merkwaardige, minder bekendes daar te stel. R195.00
75. Healers, Helpers and Hospitals, A History of Military Medicine in the Anglo-Boer War by JC (Kay) de Villiers, The Anglo-Boer War (1899–1902) was a ‘little war’ fought in a remote corner of the British Empire. This conflict in Southern Africa, however, represented a watershed in military medicine, and the way armies take care of their soldiers in war. R600.00
76. So Het Hulle Gesterf deur G Jordaan. Hierdie boek handel oor veral die Kaapse Afrikaners wat deur die Britse militêre owerheid tot dood veroordeel en tereggestel is. Genl. Wynand Malan het verklaar: “Hierdie Britse Militêre howe het in die naam van God en die koningin die een moord na die ander gepleeg.” R55
77. Ek Rebelleer deur JA Smith. 183 bls. 1 kaart. Smith het as jong skoolseun besluit om teen die Britse owerheid te rebelleer. Een nag ontsnap hy uit die beleerde Abderdeen [In die Britse Kaapkolonie] onder geweervuur. Eers sluit hy by kmdt. Gideon Scheepers se kommando aan en later veg hy onder genl. Wynand Malan. Smith as ‘n begaafde skrywer neem die leser emosioneel saam op kommando om die wel en weë van die stryders mee te maak. R120
78. Struggle of the Dutch Republics / Light on Dark South Africa / The War and One Year After [ Drie boeke in een gebind] Eersgenoemde twee pro-Boer publikasies in Engels het onderskeidelik in Nederland en Brittanje verskyn gedurende Die Tweede Vryheidsoorlog. Die doel was om die regverdige saak van die Boere en die wederregtelike optrede van Brittanje, soos die skrywers dit sien, onder die Europese en Britse publiek se aandag te bring. Die derde deel het ʼn jaar na die oorlog verskyn en is geskryf deur Kaptein FP Fletcher-Vane. In hierdie boek deur ʼn kaptein van die Lancaster Regiment maak hy Britse oorlogsmisdade bekend en toon hy watter foute die Britte gemaak het. R70
79. Wat ek in Suid-Afrika Gesien het – 1902 deur Ramsay MacDonald, ‘n latere Britse Eerste Minister. Na Die Tweede Vryheidsoorlog het die skrywer in die voormalige republieke rondgereis en berig oor die verwoesting, armoede en ellende veroorsaak deur die Britte, maar kom tot die gevolgtrekking dat die Boere weer sal opstaan. R80
80. ‘n Eeu van Onreg deur genl. Jan Smuts. In hierdie boek behandel Jan Smuts die politieke en militêre misdade deur die Britte teen die Boere en Afrikaners gepleeg 1806 tot 1899. R60
81. A Century of Wrong by genl. Jan Smuts [English translation of “ʼn Eeu van Onreg”.] Hjalmar Reitz wrote about this book: “During the Anglo Boer War the Government of the South African Republic published a book entitled ‘a Century of Wrong’. It was published under the name of my father, [FW Reitz] as State Secretary, but was in fact written by General Smuts, and very well written too. In this book the many enormities of the British Government against the two Republics are very fully and clearly set out” R80
82. Wie is die Skuldiges deur Harm Oost. Die boek handel oor Oost se oorlogsavonture tydens die Tweede Vryheidsoorlog en die Rebellie van 1914-1915. Oost was ook verkose volksraadslid van genl. Hertzog se Nasionale Party wat die 1924 verkiesing gewen het en berig met eerstehandse inligting oor belangrike politieke gebeurtenisse. Nuwe sagteband uitgawe R140
83. Peace or War in South Africa deur AMS Methuen, 204 bls. Oorspronklik aan die begin van 1902 gepubliseer. Methuen skryf ondermeer: “From whatever standpoint we regard this war, it was a blunder and a crime. Its drain of life and treasure, its loss of military prestige, the enormous increase in our debt and in our taxation, the depletion of our army… The memory of two countries swept with fire, of freedom taken from two free nations, of 20 000 women and children slain by our neglect and folly ‒ these memories must tie our tongues and bind our hands.” R100
84. Op Trek – Die Daaglikse Lewe tydens die Groot Trek ‒ deur J. Celestine Pretorius, 21 X 30 cm. Hardeband met glansomslag, 260 bls. Ongeveer 600 s/w en kleurprente. Die uitgangspunt van hierdie boek is nie geskiedkundige gebeurtenisse nie maar die uitbeelding van die daaglikse handel en wandel van die Trekkers tydens die trek. Geskiedkundige gebeurtenisse word slegs vermeld wanneer dit lig op die lewensomstandighede werp. Die daaglikse lewe op die Trek word weergegee soos van die Trekkers dit in hulle dagboeke en herinneringskrifte opgeteken of vertel het.
Die inhoud van die boek is in die volgende temas verdeel: 1. Die Groot Trek en sy Mense. 2. Die Waens word Gelaai. 3. Op Trek met die Ossewa. 4. Kos op die Trekpad. 5. Molvel en Sis [Kleding]. 6. Vaardige Hande. 7. ‘n Jagtersbestaan. 8. Selfbehoud. 9 Siekte en Dood. 10. In Gods Hand. 11. Die Kinders Moes Leer. 12. Genoeglike Geleenthede. 13. ‘n Blyplek in die Veld. ʼn Voordeel van die boek is dat dit nie nodig is om die boek van voor na agter deur te lees nie. Die leser kan na die tema van belangstelling blaai en dit lees. Selfs kinders wat nog nie kan lees nie, put ure se genot om slegs die pragtige prente te bestudeer, waarvan baie aksiebelaai is. R250
85. Ruiters van Slagtersnek deur Albert Coetzee. 195 bls. Die boek handel oor die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795 en die stigting van die eerste Boererepublieke in daardie jaar. Die Britse onderdrukking van die Afrikaners van daardie tyd loop uit op die Slagtersnek-rebellie in 1816 wat indirek tot die Groot Trek gelei het.R80
86. Bloed Sweet en Trane – Die verhaal van die Voortrekkers deur EJG Norval, 480 bls. Hierdie boek is ʼn aksiebelaaide dokumentêre saga wat ondermeer handel oor die uittog uit die Kaap toe sowat 15000 mense die wildernis bo Britse onderdrukking verkies het. Die werk is ʼn samevatting van 75 argivale boeke wat nie meer vir die algemene publiek toeganklik is nie. Die boek word toegelig met 21 kaarte oor die verskeie trekroetes en skematiese voorstellings van die gevegsterreine, asook 113 foto afdrukke van Trekkers. Die Voortrekkers het ʼn galery van helde nagelaat wat as inspirasie kan dien vir die volkspad vorentoe. R165
87. Die Epos van Trichardt en Van Rensburg deur Manfred Nathan, 92 bls. Trichardt en Van Rensburg was die heel voorste trekkers van die Voortrekkers. Hulle het deurgange deur berge gesoek, berge met gapende afgronde waar geen blanke ooit tevore was nie. Hulle het kennis gemaak met dryfsand, groot riviere met gevaarlike krokodille en seekoeie, leeus en ander ongediertes. Die hele Van Rensburg Trek is uitgewis deur wilde swartes. R60
88. Na Bloedrivier en Paardekraal deur JA Smith. Die boek het in 1918 vir die eerste keer verskyn en is 2002 deur Dr JP Botha in moderne Afrikaans vertaal. In die boek skryf Smith oor die Groot Trek, Bloedrivier, die stigting van die Republieke en die anneksasies van die verskillende Republieke deur die Britte. Die Boere se verset het gelei tot die Gelofte by Paardekraal en die daaropvolgende oorlog en die oorwinning by Majuba. As bylae [39 bls] is toegevoeg “Waar Paaredkraal se Vinger wys” soos uitgegee in 1938 deur “Die Paardekraal-Dingaansfeeskomitee. R65
89. Boerseuns deur Nic Strydom 116, bls. Boerseuns is ʼn geromantiseerde verhaal wat begin met Andries Pretoruis se tweede aankoms in Natal tot die finale afrekening met Dingaan. In die boek speel Hans Dons de Lange die hoofrol. R55
90. Kommandant-Generaal Hendrik Potgieter deur dr Karel Potgieter en NH Theunissen, 215 bls. In hierdie boek kom Potgieter se talente as militêre aanvoerder en strateeg, as diplomaat, en as staatkundige leier onweerlegbaar na vore. Potgieter was ʼn man met visie en ‘n toekomsblik. R125
91. Voortrekker-pioniers in Oos-Transvaal deur dr JP Botha. Dr Botha het die rol van die Voortrekkers in Oos-Transvaal deeglik nagevors en die belangrike rol wat Hendrik Potgieter daarin gespeel, het te boek gestel. R70
92. Lotgevalle van die Voortrekkers in Natal 1838-1843 geskryf deur Eric Stockenström in 1925. Sagteband, 50 bls. Hierdie boekie bevat inligting wat nie in ander bekende boeke oor die Voortrekkers voorkom nie. R30
93. Die Voortrekkers deur J.D. Kestell. Kestell het baie Voortrekkers persoonlik geken en die boek is ʼn gedeeltelike ooggetuieverslag. Sagteband met kleuromslag. R65
94. Sarel Cilliers – die vader van Dingaansdag – deur GBA Gerdener, oorspronklik in 1920 verskyn, 134 bls. Sagteband met kleuromslag. R80
95. Die Groot Trek deur Louis Leipoldt. Sagteband met kleuromslag. R55
96. Kinders van die kompanjie deur Karel Schoeman. In hierdie boek skryf Karel Schoeman in onderhoudende verteltrant oor meer as dertig individue en groepe wat gedurende die sewentiende eeu by die VOC se nedersetting aan die Kaap betrokke was. Kompanjiesdienaars, vryburgers, vryswartes, slawe ens. R250.00
97. Burgers & amptenare, Die vroeë ontwikkeling van die kolonie aan die Kaap, 1662-1679 deur Karel Schoeman. Die boek is die vierde van vyf boeke oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap, en behandel die vestigingsjare van die Nederlandse kolonie aan die Kaap R325.00
98. Die slag van Bloedrivier. Die Verhaal van die Stryd van die Boere in Natal en Vrystaat en die vernietiging van Dingaan deur D’arbez, die Afrikaanse verwerking deur Dr SPE Boshoff. Oorspronlike uitgawe 1936. 164 bls. Hierdie uitgawe 2010. R120
99. “Neem Uit Die Verlede – Die Geskiedenis van die Laeveld en Ontstaan van die Krugerwildtuin”. Redakteur Dr. U de V. Pienaar en 13 medewerkers ondermeer prof. JF Eloff en Dr WHJ Punt. 765 bls. Hardeband met flapomslag, ongeveer 800 kleur en swart en wit foto’s plus skets-afdrukke uit ou boeke. 20 kaarte in die boek gedruk plus 5 los groot oopvoukaarte agter in dir boek. a. Kaart van Ou Transport en Wapaaie van die Suidelike laeveld en die platorand 1844-1902. b. Kaart van Krugerwildtuin met 256 van histories terreine c. Roetes van Ontdekkingsreisegers d. Ou Handelspaaie. Ou Handelsvoetpaaie vanaf die Ooskus. Die boek is gehul in ‘n deftige kartonhouer. Met die deurblaai van die boek kom die leser foto’s tee van bekende mense van wie hy al in ander boeke gelees het, maar nog nooit ‘n prent van gesien het nie. R550
100. Ou Marico-Poskoetse. Runderpes. Jagters. Transportry deur CF Gronum, 254 bls. Sagteband. Uit die vertellinge van CE Gronum kry die leser ʼn seldsame en insiggewende blik op die leefwyse van die negentiende-eeuse Boere in die Marico-distrik. Hierdie boek is ʼn kultuurhistoriese skat uit die tyd voor motors. Dit bevat ook boeiende inligting oor die algemene gebruike en gewoontes in die Maricostreek. R200
101. Herinneringe van Suidwes-Voortrekkers deur PG Visser [eerste uitgawe 1940, hierdie heruitgawe 2008] 20 fotos, 2 kaarte. Talle persoonlike vertellinge van die Suidwes-Voortrekkers is deur die outeur in die boek opgeneem. Die verhale wissel van humoristies, tragies en bloedstollend [ongelooflike wreedhede]. Die hartroerende verhale getuig van dapperheid, deursettingsvermoë en avontuurlus. R85
102. ʼn Boer in Argentinië deur PH Henning, 216 bls. Talle fotos [vorige uitgawe 1940] PH Henning het na die Tweede Vryheidsoorlog saam met sy ouers na Argentinië verhuis. In die dertigerjare het hy as volwasse persoon permanent na Suid-Afrika teruggekeer. Henning berig oor die algemene wetteloosheid wat in Argentinië aan die orde van die dag was en dat eerlike burgers dikwels wet in eie hande moes neem om te oorleef teen perdediewe, veediewe, rowers ens. Hy berig hoe Afrikaners hulself onder moeilike omstandighede opgewerk het. Hy berig oor avonture met wilde diere, hoe skaapboerdery in Argentinie bedryf word in vergelyking met skaapboerdery in die Karoo ens. R100
103. Outydse Sketse en Stories – Uit die ou Reisigers se verhale soos oorvertel GW Eybers. In die voorlaaste eeu en voor dit was dit ʼn profesionele beroep om ʼn reis van ʼn paar jaar te onderneem en om dan ʼn reisverhaal te skryf en ʼn stewige inkomste uit die boek te verdien. In Suid Afrika was daar verskeie sulke reisigers soos onder meer Thunberg, [1743-1828] Sparrman, [1747-1820] Le Vaillant,[1753-1824] Lichtenstein. [1780-1857] Hierdie en ander reisigers vertel in hierdie boek hoe die bevolking [blank en nie-blank] geleef het, hoe hulle gejag, geplant, getrek en die natuurelemente probeer te bowe kom het. Beskrywings word gegee van berge, riviere en ander natuurverskynsels. R85
104. Die Korannafonteiners – Stories oor Ottosdal en sy mense deur Pieter de Jager. Die skrywer neem die leser terug ver in die verlede, na tye voor die Groot Trek, na tye toe jag ʼn algemene professionele beroep was, na tye van pos en transportkoetse en ossewaens, struikrowers, veediewe, skatgrawers, jode-smouse en spoke van weleer. Die wel en wee van baie ryk inwoners en ook mense wat baie arm was. Die boek vertel van oorlogshelde van die Vryheidsoorloe en ander oorloe tussenin. Tye toe wette nie streng toegepas kon word nie en burgers op hulleself aangewese was. Kortom, dit is ʼn fantastiese boek. Dit is nie ʼn boek wat van vooraf deurgelees hoef te word nie. Die leser kan enige plek oopslaan en lees en word onmiddelik geboei. R250
105. Ons Volkslewe van Toeka, deur B Spoelstra met ‘n voorwoord van GS Preller, 182 bls (Vorige titel: Ons Volkslewe, het in 1924 verskyn). Die boek beslaan 27 hoofstukke waarin onder meer die volgende behandel word: Hoe die ou Boere hulle plase gekry het en hoe die plase afgebaken is, hoe die kind geleer het, die vierperde wa, die hartbeeshuisie, soutmakery, waterkerse, seepkook, velklere, die medisyne trommel, die ou boereploeg ens. R90
106. Langs die Lebombo deur GR von Wielligh. Die boek bevat ware jag en avontuur verhale en speel in Oos-Transvaal en Swaziland af tydens die voorlaaste eeu. Die boek is feitlik ʼn outobiografie van von Wielligh se jong lewe. R80
107. Kronieke van Noordelike Transvaal – Die Herinneringe van Senator GG Munnik. Munnik was tydens die ZAR bewind landros in Pietersburg en Smitsdorp en was ʼn huisvriend van Pres Paul Kruger. [Smitsdorp bestaan nie meer nie] R70
108. Mapochseland en sy Mense deur Grietjie Grove, 280 bls. 31 foto’s. Mapochseland is geleë in die omgewing van Roossenekal en Laersdrif, 80 km Noordoos van Middelburg, Transvaal. Die boek behandel ongeveer 2 eeue se streeksgeskiedenis van die omgewing. Sake wat behandel word is ondermeer die Mapochsoorlog, burgerlike administrasie, die resident vrederegter, veldkornetskappe, verdediging, die bou van paaie, waterprobleme, die skole, die kerke, die posdiens, ekonomiese aktiwiteite, die koms van die eerste motors, volksfeeste, politiek, mampoerstokery en baie meer. R125
109. Kalahari Toe deur WD Kotze 270 bls. 12 foto’s, 1 roetekaart, glanskleuromslag. Hierdie boek is ‘n historiese memoire wat vir die eerste keer die geskiedenis beskryf van hoe die NOSSOB-RIVIER en die gebied in die Kalahari vanaf PRETORIUS [nou LEONARDVILLE] tot ongeveer 30 myl onderkant ARAHOAB [nou ARANOS] en later tot teen die grens van Betsjoeanaland deur blanke boere vir bewoning oopgestel is. Hul pynlike armoede en ontberinge, maar ook hul deursettingsvermoë word met ‘n vaardige pen beskryf. Die Swartmodder-moorde word ondermeer deur ‘n oorlewende in haar eie woorde beskryf. R180
110. Afrikaners in Angola 1928-1975 deur Nico Stassen. Hardeband, formaat 152X222mm, 762 bls., insluitende die bladsye met 88 baie skaars en besondere foto’s, baie van jagtonele. Die boek handel hoofsaaklik oor die Afrikaners en hul nakomelinge van die Dorsland-Trek wat in 1928 in Suidwes-Afrika hervestig is. ‘n Ander groep Afrikaners is in 1958 deur die Portugese gerepatrieer. Met die uitbreek van die burgeroorlog in Angola het die laaste groep Afrikaners die land as vlugtelinge verlaat. R330
111. Dorsland Avontuur deur J Albert Coetzee. Die skrywer het as onderwyser tussen die Dorslandtrekkers gedien en hulle persoonlik baie goed leer ken. Die boek dek die hele tydperk van die Dorsland-Trek tot en met 1928 toe hulle deur die destydse Unie-regering na Suidwes-Afrika teruggebring is. 180 bls, 10 prente R120.
112. Die Swerwers – Sketse uit die Dorsland-Trek deur J Albert Coetzee, 109 bls. R60
113. In die Woeste Weste – Die Lydingsgeskiedenis van die Dorslandtrekkers deur JG Prinsloo en JG Gauché (Geskryf 1932, heruitgawe 2002). R60
Die Konsentrasiekampe en die rol van vrouens tydens die Tweede Vryheidsoorlog
114. Die Konsentrasiekamp van Irene deur Johanna Brandt, 112 bls. Die besonderse boek handel oor Johanna Brandt se verblyf in die Irene konsentrasiekamp. As verpleegster het sy gepoog om die lot van die gevange vrouens en kinders te verlig. Die boek het in 2002 vir die eerste keer in Afrikaans verskyn. Die boek is uit Hollands in Afrikaans vertaal deur dr JP Botha. R60
115. Herinneringe van mev De la Rey gebore Greeff – My Omswerwinge en beproewings gedurende die Oorlog 1899-1902. 100 bls., 8 foto’s. Die vrou van genl Koos de la Rey, mev Nonnie de la Rey, het die hele Tweede Vryheidsoorlog met haar kinders, deur gevlug. Hulle is nooit gevang nie. In haar interessante en spanningsvolle boek beskryf sy ook die gevangeneming van genl lord Methuen deur die Boere. Die besondere boek is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar. R60
116. Helkampe deur Ewald Steenkamp. Sagteband, kleuromslag. Die boek vertel die smartlike ondervinding van ‘n gesin in Britse konsentrasiekampe. (Helkampe) R80
117. Should We Forget by E Neethling, 88bls. Sagteband. Direk na die Tweede Vryheidsoorlog het mev Neethling Europa besoek op aanbeveling van genl Louis Botha. Sy het die Europese bevolking ingelig oor wat in die konsentrasiekampe plaasgevind het, en om hulp gevra vir die oorlewendes. Op hierdie staduim het dr Andrew Murray op die toneel verskyn en haar aangeraai om die kampverhale op skrif te stel en ‘n boek te publiseer. Die boek het reeds in 1902 verskyn. Met die lees van die boek kom die leser soms onder die indruk dat die gebeurtenisse net onlangs plaasgevind het. Dit was die eerste konsentrasiekampverhaal wat gepubliseer is, en dit in Engels. R70
118. Die Kappiekommando – Boerevroue in Geheime Diens (in diens van die Boerekommando’s tydens die Tweede Vryheidsoorlog) deur Johanna Brandt, 260 bls., hardeband met glansomslag, 1999 uitgawe. R120
119. Met die Boere in die Veld deur Sarah Raal, 118 bls. Sagteband met kleuromslag. Sarah Raal het saam met haar broers op kommando gegaan, ʼn vrou wat haar man kon staan. R70
120. Onthou – In die Skaduwee van die Galg. 185 bls. Die konsentrasiekampverhaal van Hendrina Rabie van der Merwe. Omdat sy so dikwels uit die konsentrasiekampe ontsnap het is sy later in verskeie tronke aangehou. R85
121. Nooit Gevang nie deur Danie Stegman. Die ware verhaal van ‘n Vrouevluglaer op die Vrystaatse vlaktes wat nooit gevang is nie. R50
122. Stemme uit die Vrouekampe, versamel deur M. Postma, 174 bls.‘n Reeks beëdigde verklarings van vrouens se ondervindings in die Britse konsentrasiekampe. Sluit nou ook die wedervaringe in van Genl’s de Wet en Hertzog se vrouens. R85
123. Mag Ons Vergeet? deur E Neethling. 197 bls. Mev Neethling wat self in ʼn konsentrasiekamp was het na die oorlog op versoek van genl Louis Botha na Europa gereis waar sy vergaderings moes toespreek en inlig aangaande die lyding van die vrouens en kinders in die Britse konsentrasiekampe. Later het sy ook vertellinge van ander vrouens ingesamel en gepubliseer. R85
124. Uit die Donker Woud. Die Konsentrasiekampverhaal van Ouma GE Bezuidenhout, 138 bls., asook die skryfster se ontmoeting met Emily Hobhouse en ‘n slothoofstuk oor die 1914-Rebellie. R80
125. Tant Miem Fischer se Kampdagboek Mei 1901-Augustus 1902, 152 bls, hardeband met glansomslag. R125.00
126. In die Konsentrasiekamp – Jeugherinneringe van Danie van Zyl. 55 bls. Voorwoord geskryf deur CR Swart. [Latere staatspresident]. Van Zyl vertel hoe sy moeder en haar gesin deur die Britte weggevoer is na die konsentrasiekamp op Bloemfontein. Hy vertel wat hulle alles in die kamp moes deurmaak. Die eerste aand in die konsentrasiekamp het ʼn donderstorm losgebars wat die tente omgewaai het. In die weerligstrale het die jong Danie gesien hoe moeders hul hande in die lug gooi en huil en bid terwyl kinders huilend in die modder en reën rondkruip. Hy was oortuig dat die oordeelsdag aangebreek het. Hierdie boek is sterk aanbeveel deur CR Swart. [Staatspresident] R45
Kalahari Mac boeke
127. Kalahari Mac deur Freddie Macdonald Deel 1, 148 bls. Hierdie boek is die eerste in die Kalahari Mac reeks en handel oor die skrywer, as penkop, se aandeel in die Tweede Vryheidsoorlog. R80
128. In die Veld Teen Marengo, Kalahari Mac Deel 2, 184 bls. In 1904, op vyftienjarige leeftyd sluit Kalahari Mac as vrywilliger by die Duitse leër in Duits-Wes aan en neem deel aan verskeie aksie belaaide veldtogte teen Marengo,“ ʼn kommandant van die Hotnots.” R80.
129. Agter die Skerms met die Rebelle, Kalahari Mac Deel 3. Met die uitbreek van die Eerste Wêreld Oorlog, sowel as die Rebellie van 1914-15 in Suid-Afrika, het Kalahari Mac hom by genl Manie Maritz se magte aangesluit. Die rebelle was verplig om na Duits-Wes uit te wyk. Na die oorgawe van die Duitse leër moes die rebelle nog verder vlug. R80
130. Op Vlug Deur Donker Afrika, Kalahari Mac Deel 4, 176 bls. Die handjie vol rebelle wat nie wou oorgee nie is in Angola gejag deur wilde swartes voordat hulle die beskawing kon bereik. Uiteindelik is hulle na Portugal gedeporteer. R80
131. Twaalf jaar as Banneling. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is Kalahari Mac en sy vriende na Portugal gedeporteer. Na die oorlog kon hulle nie na Suid-Afrika terugkeer nie omdat hulle van hoogverraad aangekla kon word, gevolglik het hulle vir twaalf jaar lank in verskeie Europese lande as bannelinge rondgeswerf voordat hulle uiteindelik na hul vaderland teruggekeer het. R80
Kinderlektuur
132. Die Groot Afrikaanse Heldeboek deur prof PW Grobbelaar, 224 bls., hardeband, kleur glansomslag met talle sketse in die boek. Ideale leesstof vir 10 tot 15 jarige tieners. R160
133. Kinder Helde. Die boek het oorspronklik in die veertigerjare verskyn en is geskryf deur GHP De Bruin, Eben Bruwer en dr JJG Grobbelaar, 9 hfs, 51 bls., sagteband. Ideaal vir 9 tot 11 jarige kinders. R30
134. Child Heroes by Bernhard Lewis and illustrations by Joyce Orderbrown. This is more or less the same book as “Kinders van Suid Afrika”, book number 88. R55
135. Dapper Kinders. Dapper kinders van Suid-Afrika eer die bekende en minder bekende heldhaftige kinders in die geskiedenis van Suid-Afrika. Hierdie versameling van 36 verhale gee ’n blik op die heldemoed wat kinders jonger as 16 jaar in uiteenlopende situasies aan die dag gelê het. R180.00
136. Kinders van Suid-Afrika deur CR Swart [staatspresident] 86 bls. ‒ heldedade verrig deur kinders in die Suid-Afrikaanse geskiedenis 1652 ‒ 1902. Onder andere Japie Greyling, Rachel de Beer, Voortrekkerkinders ens. R60
137. Die Groot Trek in Beeld deur LJ Van Zyl en JH Rabe. 134 bls A4 grote met 528 genommerde prente, hardeband. Hierdie boek is ʼn heruitgawe van 1941 druk en gee die Groot Trek in Strokiesverhaal vorm weer. R150
138. Verhale uit ons Geskiedenis vir die Kleintjies deur GW Pilkington. 64 bls. Talle sketse. Die boek is ʼn goeie voorleesboek of leesboek vir kinders. Die boek verskaf ʼn voëlvlugoorsig van die SA geskiedenis in storievorm in kindertaal, beginnende by die ontdekking van die Kaap tot by die ontdekking van goud en diamante. R55
139. Emily Hobhouse deur Johanna Fockens, Emily Hobhouse, bekend as die Britse engel het haar beywer vir beter toestande in die konsentrasiekampe.Vir die meeste kinders is sy ’n bekende naam, maar besonderhede oor haar lewe en werk was tot dusver net in volwasse leesstof te vinde. Hierdie boek beskryf in eenvoudige teks die lewe van hierdie indrukwekkende vrou. R40
140. Die Trekker se ABC, met rympies deur AE Carinus en tekeninge deur M Meiring. R20
141. Lekker Speel – Saamgestel deur ds M Kruger, 60 bls. Ds Kruger skryf: “Die doel van hierdie werkie is om voorligting te gee, hoe om te speel om die grootste genot uit die spele te verkry en om ook sommer ʼn hele aantal nuwe speletjies vir julle te bring.” R20
142. Ou Hendrik se Stories – oorvertel deur JP Botha. Die boek bevat dierestories met die hoofkarakters Wolf en Jakkals. R70
143. Die Stories van uitvindings Die sjokolade in jou kies en die jeans aan jou bas, jou rekenaar, jou selfoon, die papiere in jou tas, mikrogolfoonde en pleisters wat plak, blink motors en die Velcro op jou nuwe sportsak… dis maar net ’n paar van die hope alledaagse dinge wat ons vandag geniet. Die boek beskryf kleurvol hoe en wanneer hierdie uitvindings tot stand gekom het. R120
144. Langs die Toelanie – deur JP Botha. Botha slaag uitstekend daarin om die dierelewe langs die Toelanierivier te verpersoonlik soos in die Hobson-tradisie. R60
145. Dierestories 1 bestaan uit 15 dierestories. Daar word onder andere vertel van die groot geveg tussen die lopende en die vlieënde diere; wie die voëls, die insekte en die diere as koning verkies het en ons maak kennis met die Jakkals en arme, dom Wolf. R125
146. Dierestories 2 Dierestories 2 is die tweede in ’n reeks diereverhale versamel deur G.R. von Wielligh en volg op die uiters gewilde Dierestories 1. Die diereverhale wat Von Wielligh van die Khoi-Khoi versamel het, is van die oudste diereverhale in Suid-Afrika. R125
147. Vos en Haas Dié skreeusnaakse teks is die ideale geskenk vir ‘n beginnerlesers – hoewel ouers en onderwysers dit net soveel sal geniet! Sylvia Van den Heede het deeglike studie gedoen van die lesers se vermoë om van die bekende na die onbekende te beweeg. R100 148. Tot siens Vos en HaasAs Vos en Haas die harte van ontelbare eerste lesers verower het, sal hulle met hierdie opvolg net soveel plessier hê. Uiteindelik is daar ’n dik boek wat hulle heeltemal op hul eie kan lees! R110
149. Kleuterland Kleuterland is ’n pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters uit die verhaleskat van Helena JF Lochner. Met Liezl Potgieter se kleurvolle illustrasies trek die klassieke lekkerleesstories ‘n moderne baadjie aan. R160.00
150. Twee vir ‘n stuiwer, ‘n boek wat ongetwyfeld by baie leesers ‘n diep indruk agtergelaat het. Nou kan hierdie lesers, wat selfs kinders het, hierdie unieke ervaring aan hulle kinders oordra. Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep Hickey ’n werk vir oud en jonk. Mossies, soos mense, het interessante geite! R120
Dr. EJG Norval Boeke oor gesondheidsgevare
151. Heksebrousel Wat Ons Eet en Drink deur EJG Norval. 368 bls. Sagteband. Norval behandel die gevare wat die verskillende geurmiddels, kleurmiddels, preserveermiddels en ander middels wat in ons voedsel en koeldranke geplaas word, vir ons liggaam en siel inhou. Die antwoorde wat verskaf word, dui aan in watter skrikwekkende mate ons as verbruikers daagliks stadig afgetakel word deur ʼn heksebrousel, wat spesiaal ontwerp is deur wetenskaplikes in betaling van globaliste, om die mens geestelik en fisies te vernietig. R150
152. Die Ontstaan en verspreiding van die Moordvirus deur EJG Norval, 258 bls. Slapband met kleuromslag. Wat in hierdie boek verskyn is skrik-aanjaend. Daar word gekyk na die statistieke van VIGS, oordragingsroetes en feite wat van die algemene publiek weerhou word. Die ontstaan van MIV word bespreek aan die hand van huidige teorië wat deur die mediese “establishment” en die media as die waarheid voorgehou word. ʼn Groot vraagteken word oor die huidige teorie geplaas wanneer dit deur sommige wetenskaplikes onder die vergrootglas geplaas word. Die boek dokumenteer ook die bevindings van begaafde andersdenkende wetenskaplikes wat daarop dui dat die verskyning van MIV nie aan die toeval te danke is nie, maar dat MIV in die 1970’s tydens ʼn geheime biologiese wapenprogram in Amerika ontwikkel was. Lees waarom die virus sommige mense nooit kan infekteer nie. MIV is ʼn gesofistikeerde Frankenstein monster, gebore in laborotoria en geprogrammeer om die bevolkingsyfer van die wêreld in lyn te bring met die aarde se kwynende hulpbronne. R120
153. Slagoffers op die Altaar– deur EJG Norval, 382 bls. Sagteband. Hierdie is die derde boek van ‘n reeks wat die geheime agenda van massa-uitwissing van die mens ondersoek. Ons kyk na tegnologieë en metodes wat ingespan word om biljoene mense verder af te takel. Omstandigheidsgetuienis word opgeroep wat daarop dui dat die stralingsindustrie (selfone, kompers, kragstasies), nuwe skrikwekkende oorlogswapens van massa-vernietiging is. Plaagdoderes, giftige afval en sekere farmaseutiese middels speel geen klein rol in die verval van openbare gesondheid nie en dat hierdie items elk ‘n rol speel in die beplande massa-uitwissing van biljoene mense. Daar word verduidelik waarom aborsies gewettig word, hoe oorloë aangevuur word deur sekere magte om maksimum sterftes, siektes, vlugteling- en gesondheidskrisisse te skep. En hoe mense soos proefkonyne betrek word. In hierdie boek word gelet op die gevare van inenting, die chemtrail-verskynsel [waar nadelige stowwe in die atmosfeer gespuit word om klimaat te verander] en die talle onetiese eksperimente wat die Amerikaanse en Britse Militêre establishment op miljoene niksvermoedende mense in die geheim uitgevoer het, chemiese en biologiese wapens van massavernietiging asook nuwe middel-bestande siektes wat die laaste dekade of twee op veral arm lande losgelaat word as deel van die biologiese wapenprogram om die groot getal mense op aarde uit te dun. R160
154. Massamoord – Biljoene moet Sterf – deur EJG Norval, 382 bls. Sagteband. In hierdie boek word gelet op die gevare van inenting, die chemtrail-verskynsel [waar nadelige stowwe in die atmosfeer gespuit word om klimaat te verander] en die talle onetiese eksperimente wat die Amerikaanse en Britse Militere establishment op miljoene niksvermoedende mense in die geheim uitgevoer het, chemiese en biologiese wapens van massa vernietiging asook nuwe middel-bestande siektes wat die laaste dekade of twee op veral arm lande losgelaat word as deel van biologiese wapenprogram om die groot getal mense op aarde uit te dun tot ʼn volhoubare getal. R160
Humor
155. Die Komiek in die Politiek – The Comics of Politics, 150 bls., saamgestel deur Herman Vorster. Hy het komiese staaltjies versamel wat op politieke vergaderings, geduren- de werwingswerk, en in die parlement plaasgevind het. Die verhale strek tot 1980. R75
156. O’ Bring my Trug na die Ou Transvaal deur DF du Toit 205 bls. Die vertellings in hierdie boek praat op baie vlakke: Eerstens met ʼn robuuste, volkeellag. Tog is dit deernisvolle humor uit die plaaswerwe en jagvelde van ʼn tyd wat was. Die karakters is meer as lewensgroot – ʼn mens wil amper sê manne van naam, reuse wat hulle dink gedink en hul doen gedoen het. Die doenighede loop breed en vol verskeidenheid, ʼn spieël van ʼn vergange leefwyse wat van die skrywe ‘n kultuurhistoriese dokument maak. R80
157. Poetoepap en Potpourri – Kampvuurverhale uit Pietersburg en omgewing deur Sebastiaan Basson. 100 bls. R70
Natuurleweboeke deur Jan Roderigues
158. Die Veldwagters Vertel. 192 bls, sagteband met kleuromslag, 30 fotos. In hierdie boek vertel ‘n uitgelese groep veldwagters op’ n boeiende en onderhoudende wyse oor hul avonture en lotgevalle in die Krugerwildtuin en die Kalaharigemsbokpark. R100
159. The Game Rangers. 240 pages, coloursoftcover, 30 photos. A selected group of Game Rangers of the Kruger National Park and the Kalahari gemsbok Park relate in an exceptionally gripping manner their adventures with wild game. R120
160. Die Veldwagters Vertel Verder. 208 bls. Sagteband met kleuromslag, 30 fotos. ʼn Bundel spannende ware verhale uit die Afrika-bos. Die Veldwagters Vertel Verder bring die hoë spoedaksie wat so eie is aan die intimiderende Afrika-bos tot in die leser se hande. R120
161. The Silent Heroes of the African Bush. 192 pages, coloursoftcover, 30 photos. This is a thrilling, nailbiting and sometimes humorous look at man’s attempts to survive the dangers of the animal kingdom, where one false move can lead to disaster or worse. R100
162. ʼn Skatkis vol Lagstories. 64 bls. sagteband, 20 sketse. Amptenare uit die Nasionale Parke vertel. Om te lag en te laat lag, bly maar ʼn integrale deel van die mens. Hierdie pragtige bundel verhaaltjies vertel van situasies en penaries waarin mense beland met ʼn humoristiese nadraai. R60
163. A Barrel of Laughs. 64 pages, softcover, 30 drawings. To laugh and to let other people laugh is part of life. Life without humour renders life impossible. This booklet contains a collection of true humoristic stories from the African bush as told by officials. R60
164. Afrika-stories wat die hare laat rys. 185 bls., sagteband in kleur, 30 fotos en sketse. Hierdie bundel ware en unieke spannings verhale uit die bos is ʼn voortsetting van die tradisie wat deur die boek se baie bekende voorgangers geskep is met die opwindende gebeure in die Afrika-bos. R100
165. Africa – the legends live on. 192 pages, coloursoftcover, 30 photos. Africa and its amazing wild life is a permanenent source of gripping, authentic stories that forever stay put in the memories of the readers. R100
166. Memories of a Game Ranger, deur Harry Wolhuter, 292 bls. 300 sketse van diere. Wolhuter het daarvoor bekendheid verwerf dat hy n leeu met n mes doodgesteek het. Hy is in 1902 as veldwagter in die Sabie-natuurresrvaat aangestel wat nou deel van die Krugerwildtuin uitmaak. Die boek bevat aksiebelaaide ware avontuurverhale met leeus, krokkodille, seekoeie, buffels, ens en ook met wilddiewe, tye en omstandighede wat geen wederkoms ken nie. R190
ROOI JAN
167. ROOI JAN 1 boeke nommers een tot vier, gebind in een boek. R170
168. ROOI JAN 2 boeke nommers vyf tot agt, gebind in een boek. R170
169. ROOI JAN 3 boeke nommers nege tot twaalf, gebind in een boek. R170
170. ROOI JAN 4 boeke nommers dertien tot sestien, gebind in een boek. R170
171. ROOI JAN 5 boeke nommers sewentien tot twintig, gebind in een boek. R170
Kook en brou
172. Seepresepte deur Sarie Maree, 18 bls. Die boek bevat 43 resepte om seep te maak. R30
173. Volksgeneeskuns in Suid-Afrika, Volksgeneeskuns in Suid-Afrika, ‘n unieke kultuurhistoriese skat en ’n versameling van 8705 boererate wat in 1965 vir die eerste keer verskyn het. Vandag, sestig jaar later, lyk die mediese en farmakologiese landskap totaal anders. Daarom is dit so interessant. R295
174. Die geskiedenis van Boerekos 1652-1806, R225 175. Welgedaan! Hierdie lekkerlees-kookboek bevat 170 resepte vir tradisionele en eietydse geregte wat geskik is vir gewone gesinsetes én vir die onthaal van gaste. Die uitgangspunt is 42 spyskaarte wat om verskillende soorte hoofgeregte gerangskik is: geregte met vleis. Met nie minder nie as 27 publikasies agter haar naam is Annette Human ’n geliefde samesteller en skryfster van kookboeke. Sy het aanvanklik naam gemaak met die Huisgenoot-wenreseptereeks waarop treffers soos Mikrogolfwenners, Uitsoekresepte en Kortpadkos R195
Veiligheid
176. Die Skiet Eerste en Bly Lewe Skietkursus 80 bls., met 81 stap vir stap fotos wat toon hoe u uself kan oplei om ʼn gedugte handwapenskut te word. Die boek dien ook as handleiding vir skietinstrukteurs .R50
177. Veg vir jou Lewe – ʼn Kurses in ongewapende selfverdediging vir dames, 80 bls 120 stap vir stap fotos. R40
Van alles iets
178. Voortrekkerstamouers, 1835–1845, Nuwe navorsing bring nuwe insigte. Voortrekkerstamouers 1835–1845 is die eerste keer in 2000 gepubliseer. Dié tweede, hersiende uitgawe is aangevul met 246 nuwe stamouers. Dit bring die aantal mense wat die Groot Trek meegemaak het, op 23 000 te staan. R395.00
179. Die Afrikaanse Woning, 127 bls., hardeband met glansomslag. Herdrukke uit “Die Boerevrou” tydskrif. [1919-1931] Die boek behandel nie net die verskillende tipe Boerehuise wat ons voorouers in vorige eeue gebou het nie, maar ook die binnevertrekke en die binne-afwerking van die huise. ‘n Derde afdeling behandel die onderskeie soorte en gebruike van meubels. R130
180. Pelgrimsrus [Afrikaans] deur Wilna Rautenbach, A4, slapbandboek, 50 bls met kleuromslag, 20 volbladsketse in kleur van besienswaardighede, twee gebiedskaarte in antieke styl. Pelgrimsrus in Oos-Transvaal is vandag ʼn museumdorp. Dit is een van die baie min museumdorpe in Suid-Afrika. In hierdie boek kom 19 kleursketse voor van die belangrikste historiese geboue in die dorp. Prys R50
181. Pelgrimsrest – Engels uitgawe. Prys R60
182. Afrika-styl Vryheid Demokrasie en Menseregte deur LW Bienedell. 90 bls. Die toepassing van demokrasie en menseregte in 10 Afrika-state word bespreek aan die hand van werklike voorvalle en gebeure in dié lande. R50
183. Afrikanerbakens R125.00
184. Fak Sangbundel Die FAK-sangbundel vier in 2012 sy 75ste bestaansjaar – en dié mylpaal val gepas saam met die vyfde uitgawe van hierdie bundel. Tans word dit beskou as die mees omvattende bundel Afrikaanse lirieke met bladmusiek en dit dien as verwysingswerk vir ’n groot belangstellingsgroup. R450
185. Die Beste van Eugene Marais. In Die beste van Eugene Marais, wat in 1986 onder Leon Rousseau se redaksie verskyn het, is altesaam sewentien “Verspreide artikels” uit Marais se bundels wetenskaplike prosa opgeneem. ‘n Aantal foto’s en afbeeldings van kunswerke is ook as illustrasiematerial bygevoeg. R350
186. Ras, Volk en Taal – Opstelle Oor Ons Indo-Europese en Germaanse Voorgeskiedenis en Identiteit deur Mike Du Toit, 326 bls. Sagteband. Die skrywer het diepgaande navorsing gedoen oor die rol wat ras, volk en taal oor duisende jare gespeel het in die vorming van die wit ras en ook die Afrikaner of Boerevolk soos hy vandag daaruit sien. R190
67 Trackbacks
Adenium
BOEKE BESKIKBAAR
http://Www.Music.sblinks.net/
BOEKE BESKIKBAAR
winterharde agave
BOEKE BESKIKBAAR
Music Sblinks link for more info
BOEKE BESKIKBAAR
Anontop.gq published a blog post
BOEKE BESKIKBAAR
http://Www.nairacircle.com
BOEKE BESKIKBAAR
http://Anontop.gq/index.php?a=Stats&u=travismacfarland
BOEKE BESKIKBAAR
palmbomen
BOEKE BESKIKBAAR
tropische Planten
BOEKE BESKIKBAAR
Anontop.Gq
BOEKE BESKIKBAAR
palmboom kopen
BOEKE BESKIKBAAR
winterharde Palmbomen
BOEKE BESKIKBAAR
Feedingkids.tv
BOEKE BESKIKBAAR
Suggested Site
BOEKE BESKIKBAAR
phoenix roebelenii
BOEKE BESKIKBAAR
https://Naked.Tubebubble.com/members/SelmaMatias/
BOEKE BESKIKBAAR
… [Trackback]
[…] Read More on on that Topic: boererepublieke.co.za/boeke-beskikbaar/ […]
… [Trackback]
[…] Information on that Topic: boererepublieke.co.za/boeke-beskikbaar/ […]
… [Trackback]
[…] Read More to that Topic: boererepublieke.co.za/boeke-beskikbaar/ […]
… [Trackback]
[…] Here you can find 44858 additional Information to that Topic: boererepublieke.co.za/boeke-beskikbaar/ […]
… [Trackback]
[…] Read More here on that Topic: boererepublieke.co.za/boeke-beskikbaar/ […]
… [Trackback]
[…] Info to that Topic: boererepublieke.co.za/boeke-beskikbaar/ […]
… [Trackback]
[…] Information on that Topic: boererepublieke.co.za/boeke-beskikbaar/ […]
… [Trackback]
[…] Read More on on that Topic: boererepublieke.co.za/boeke-beskikbaar/ […]
situs judi slot online resmi
BOEKE BESKIKBAAR
slot gacor jam sekarang
BOEKE BESKIKBAAR
slot gacor malam ini
BOEKE BESKIKBAAR
slot gacor bonanza hari ini
BOEKE BESKIKBAAR
slot gacor
BOEKE BESKIKBAAR
slot gacor aztec hari ini
BOEKE BESKIKBAAR
slot gacor indonesia
BOEKE BESKIKBAAR
Link slot gacor
BOEKE BESKIKBAAR
slot gacor jackpot
BOEKE BESKIKBAAR
situs slot gacor
BOEKE BESKIKBAAR
game slot online terpercaya
BOEKE BESKIKBAAR
judi slot terbaru
BOEKE BESKIKBAAR
situs slot terbaru
BOEKE BESKIKBAAR
Slot Gacor ggasoftware.com
BOEKE BESKIKBAAR
bandar judi online
BOEKE BESKIKBAAR
slot deposit pulsa
BOEKE BESKIKBAAR
judi slot online
BOEKE BESKIKBAAR
slot indonesia
BOEKE BESKIKBAAR
slot online terbaik
BOEKE BESKIKBAAR
slot terlengkap
BOEKE BESKIKBAAR
agen slot online
BOEKE BESKIKBAAR
QQBARENG
BOEKE BESKIKBAAR
la-arirang.com link for more info
BOEKE BESKIKBAAR
situs judi slot terpercaya
BOEKE BESKIKBAAR
situs slot terpercaya
BOEKE BESKIKBAAR
slot deposit pulsa tanpa potongan
BOEKE BESKIKBAAR
situs judi slot terbaru
BOEKE BESKIKBAAR
judi slot deposit pulsa
BOEKE BESKIKBAAR
slot online indonesia
BOEKE BESKIKBAAR
game slot online uang asli
BOEKE BESKIKBAAR
game judi slot online
BOEKE BESKIKBAAR
situs slot deposit pulsa
BOEKE BESKIKBAAR
[…] klarifikasi registrasi account yang sudah kalian untuk ke situs agen slot ekstra new member, game slot online terpercaya jika kalian nanti ingin lakukan pengubahan atau berjalan kekeliruan nanti kalian dapat juga […]
Press Release
BOEKE BESKIKBAAR
situs slot online terbaik
BOEKE BESKIKBAAR
game Yang menghasilkan Uang tanpa modal
BOEKE BESKIKBAAR
slot terbaru
BOEKE BESKIKBAAR
… [Trackback]
[…] Find More to that Topic: boererepublieke.co.za/boeke-beskikbaar/ […]
… [Trackback]
[…] There you can find 69509 additional Information on that Topic: boererepublieke.co.za/boeke-beskikbaar/ […]
continue reading this..
BOEKE BESKIKBAAR
situs judi terpercaya
BOEKE BESKIKBAAR
bola88
BOEKE BESKIKBAAR
Going at Rssnews
BOEKE BESKIKBAAR