Hierdie Sondag, 2 Junie om 11:00 kom ons Boere bymekaar te Balmoral vir ons jaarlikse huldiging en kranslegging aldaar, vir diegene wat in die ABO van 1899-1902 die lewe gelaat het vir die vryheid van die Transvaal en die Vrystaat.
Daar sal blomme wees maar u kan ook u eie kransies saambring. Dit is koud op die Hoëveld. Bring asseblief u stoel en warm dingetjie saam. Ons behoort om 13 00 klaar te wees.
Kom betaal u Geloftes en laat ons bande smee om ons afkoms en herkoms te gedenk deur hulle wat ons vooruitgegaan het. Daarmee wil ons ook herdenk die 35 000 Boerekinders en vrouens wat in Suid-Afrika, onder Engels hiel vertrap is.
“Nog tril ons harte van duldelose smarte…”
Sameroeper: Piet Rudolph – 072 419 3516