Op die 6de Februarie 2016 het ’n paar Volksgenote onder die inisiatief van Rudie Rousseau, bymekaargekom om die begraafplaas van die gesneuwelde Burgers van die Slag van Frederikstad, by die stasie op te ruim.

Let daarop dat die geskiedenis altyd deur die oorwinnaar geskryf word ten voordeel van hulself en die verloorder word altyd gediskrediteer. Die monumente en standbeelde is deur die Afrikaner na die Oorlog opgesit en gebou, net soos die Boere se geskiedenis herskryf is om die Afrikaner die begunstigdes van die Boere se edel herkoms en land te maak. Die vrymesselaar tekens en simboliek het niks met die Boervolk te doen nie. Hierdie monumente en standbeelde getuig net van die volgehoue vernietiging van die Boervolk deur die Afrikaner organisasies en dat die Boervolk stilweg bestaan onder die dominansie van sy Volksmoordenaars. Die Afrikaner vier elke jaar sy dominansie en besetting van die Boere se Land op hierdie persele wat die Boere se herkoms verteenwoordig en dra die vermoordes op aan die demoniese god wat hulle aanbid. Enige en alle verwysing of aanduiding van “Afrikaner” of “voortrekker” op enige van die Boere se grafte, standbeelde of monumente is bedrog deur die Afrikaner.
Almal was opgeruimd en het dadelik aan die werk gespring.
Die eerste taak wat verrig moes word, was om die gras kort te sny en die klippe wat om die grafte gepak was, moes geskuif word om dit te doen.
Daarna moes al die klippe weer om die grafte gepak word.
Die klippe is daarna netjies afgewit en almal, insluitend die kinders, het ingespring om die heining te verf.
Almal was moeg maar die eindresultaat was baie bevredigend om te aanskou.
Daar was ook ’n baba graffie baie naby aan die begraafplaas geleë en hy is ook afgewit.
Al hierdie foto’s is geneem op die 6de Februarie 2016
Hierdie Burger grafte sal van nou af op ’n maandelikse basis geïnspekteer moet word sodat dit in standgehou kan word.
Baie dankie aan elke persoon wat kom help het met hierdie opruiming ons hoop om almal weer spoedig te sien!
Ook wil ons aan Thomas Janse van Vuuren baie dankie sê vir die vriendelikheid waarmee ons ontvang is.
Koördinate van begraafplaas: S26°30’30.61″ E27° 8’59.69″