In hierdie monument is daar oorspronklike grafstene ingebou in die muur. Daar is Burgers hier herbegrawe wat omgekom het in die Slag van Kleinfontein 24/10/1901, Slag van Buffelshoek 16/08/1901, Slag van Lichtenburg 03/03/1901, Beleg van Mafeking asook ‘n paar Burgers van Marico en omgewing wat elders omgekom het. Hierdie Burger Monument bevat nie die beendere van al die Burgers wat by elke van die genoemde slagvelde omgekom het nie. Sommige is elders begrawe en sommige se name verskyn nie hier op die ere rol van hierdie monument nie en is ook op ander plekke begrawe.
GPS Koördinate: S25°32’30.10″ E26°04’32.62″