Skip to content
Menu
  • TUIS
  • WELKOM
  • OU REPUBLIEKE
    • BLOEDRIVIER GELOFTE
    • DIE REPUBLIEK WAPENS
    • PAARDEKRAAL VERBOND
    • PRESIDENTE
    • VOLKSLIEDERE
  • MONUMENTE
    • BURGER MONUMENTE
      • MAFEKING
      • ZEERUST
    • PAARDEKRAAL MONUMENT
    • SANDRIVIER KONVENSIE
    • VROUE MONUMENT
    • SLAGVELDE
      • AMAJUBA
      • BERG EN DAL
      • ELANDSRIVIER / BRAKRIVIER / BUFFELSHOEK
      • SPIOENKOP
  • GALERY
  • KONSENTRASIE KAMPE
    • KAAP
      • ALIWAL NOORD
      • KUBUSI
      • KIMBERLEY
      • PORT ELIZABETH
    • NATAL
      • HOWICK
      • ISIPINGO
      • JACOBS
      • MEREBANK
    • TRANSVAAL
      • BALMORAL
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BARBERTON
      • BELFAST
      • BRONKHORSTSPRUIT
      • HEIDELBERG
      • IRENE
      • KRUGERSDORP
      • MIDDELBURG
      • STANDERTON
    • VRYSTAAT
      • BETHULIE
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BLOEMFONTEIN
      • KROONSTAD
    • KRYGSGEVANGENES
    • SWART KONSENTRASIEKAMPE
      • BRANDFORT
      • KRUGERSDORP
  • KONTAK

DIE KONSENTRASIEKAMP-KERKHOF IN MAGAGONG, MAFIKENG

Posted on July 15, 2013November 10, 2022

In opvolging en te uitvoering van ‘n opdrag by die Boereberaad op 22 Junie 2013, het ‘n afvaardiging bestaande uit myself, Dave Christie, Anton Potgieter, Rudie Rousseau en David Trollip, gister – 10 Julie – die konsentrasiekamp-kerkhof te Magagong, Mafikeng,  besoek om ons te vergewis oor die omstandighede rondom die opgrawings van slagoffers  van die Britse Uitwissingsoorlog van 1899-1902.

Na bewering is daar 3 konsentrasiekampkerkhowe te Mafikeng. Ons het twee besoek – die groot begraafplaas  tussen die swart woongebied, Magagong en die Lotlamoreng – dam  en die kleiner begraafplaas binne-in die Magagong-woonbuurt waar opgrawings nou aan die gang is. Volgens inligting is hier meer as 1453 grafte.
Op 26 Junie 2013 het genl. Gert Opperman van die Erfenisstigting, my geskakel na aanleiding van  ‘n plasing op FB. Ons was onder die indruk dat opgrawings gaan plaasvind om plek te maak vir ’n plakkerskamp. Die generaal het uitgewys dat die begraafplaas naby ‘n bestaande swart woongebied is wat al nader aan die begraafplaas kom en dit kan insluk. Daarom gaan die oorskot opgegrawe word en herbegrawe word. Hy het niks gesê van DNA-toetse nie.

Tydens ons inspeksie het ons gevind dat die kleiner  begraafplaas waar die opgrawings gedoen word, binne die swart woongebied is en alreeds omring is deur die woongebied; dat dit langs ‘n swart begraafplaas is en dat albei in ’n erge toestand van verwaarlosing is.

Van die graffies is reeds opgegrawe;  die klip wat as grafstene gedien het, is opgebreek en op ‘n hoop gegooi; die grafte is half toegegooi terwyl ander reeds gelyk gemaak is met die aarde; ’n verkeerslint is om die area wat opgegrawe word, gespan. Dit is ’n klein gedeelte van die begraafplaas en by sommige graffies is merkers ingeslaan . Dit is baie oppervlakkig gedoen en party van die merkers lê op die grond rond en glad nie meer by, of op grafte nie. Na wat ons van die swart inwoners van die omgewing verneem is die opgrawings gestaak. Selfs hulle is ontevrede oor die  versteuring van beendere van gestorwenes van lank gelede. Na verneem word, is die beendere nie vir herbegrafnis verwyder nie, maar vir DNA-toetse. Tot dusver kon ons nie vasstel waar die oorblyfsels heen is nie.

Ons as Boere is bitter ontevrede met hierdie toedrag van sake waarvoor genl. Opperman verantwoordelikheid moet aanvaar. Dit is asof daar met minagting met ons Boere-erfenis gehandel word. Ons oorweeg dit om ’n klagte van grafskending teen  die Erfenisstigting en andere wat daar besig is te lê. Dave Christie is besig om regsadvies in te win en desnoods ’n dringende hofbevel ter bekom  om hierdie vergryp ter staak.

U sal op hoogte gehou word

Piet Rudolph

Recent Posts

  • JAKOBUS HERCULAAS DE LA REY
    September 15, 2016
  • DANIËL JOHANNES STEPHANUS THERON
    September 5, 2016
  • BRONKHORSTSPRUIT KONSENTRASIE KAMP
    August 31, 2016
  • SLAG VAN BERG EN DAL – 27 AUGUSTUS 1900
    August 27, 2016
  • GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN SEPTEMBER
    August 27, 2016
©2025 | WordPress Theme by Superbthemes.com