Skip to content
  • TUIS
  • WELKOM
  • OU REPUBLIEKE
    • BLOEDRIVIER GELOFTE
    • DIE REPUBLIEK WAPENS
    • PAARDEKRAAL VERBOND
    • PRESIDENTE
    • VOLKSLIEDERE
  • MONUMENTE
    • BURGER MONUMENTE
      • MAFEKING
      • ZEERUST
    • PAARDEKRAAL MONUMENT
    • SANDRIVIER KONVENSIE
    • VROUE MONUMENT
    • SLAGVELDE
      • AMAJUBA
      • BERG EN DAL
      • ELANDSRIVIER / BRAKRIVIER / BUFFELSHOEK
      • SPIOENKOP
  • GALERY
  • KONSENTRASIE KAMPE
    • KAAP
      • ALIWAL NOORD
      • KUBUSI
      • KIMBERLEY
      • PORT ELIZABETH
    • NATAL
      • HOWICK
      • ISIPINGO
      • JACOBS
      • MEREBANK
    • TRANSVAAL
      • BALMORAL
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BARBERTON
      • BELFAST
      • BRONKHORSTSPRUIT
      • HEIDELBERG
      • IRENE
      • KRUGERSDORP
      • MIDDELBURG
      • STANDERTON
    • VRYSTAAT
      • BETHULIE
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BLOEMFONTEIN
      • KROONSTAD
    • KRYGSGEVANGENES
    • SWART KONSENTRASIEKAMPE
      • BRANDFORT
      • KRUGERSDORP
  • KONTAK
« BURGER GRAF OPRUIMING – SLAG VAN FREDERIKSTAD
GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN MAART »
Published: February 17, 2016 by Anton&Mariette

GROOT MOORD BY BLOUKRANS – 17 FEBRUARIE 1838

Hierdie jaar is dit 178 jaar gelede wat die Boere vermoor is by Bloukransrivier deur die Zoeloes.

Bloukransrivier monument

Let daarop dat die geskiedenis altyd deur die oorwinnaar geskryf word ten voordeel van hulself en die verloorder word altyd gediskrediteer. Die monumente en standbeelde is deur die Afrikaner na die Oorlog opgesit en gebou, net soos die Boere se geskiedenis herskryf is om die Afrikaner die begunstigdes van die Boere se edel herkoms en land te maak. Die vrymesselaar tekens en simboliek het niks met die Boervolk te doen nie. Hierdie monumente en standbeelde getuig net van die volgehoue vernietiging van die Boervolk deur die Afrikaner organisasies en dat die Boervolk stilweg bestaan onder die dominansie van sy Volksmoordenaars. Die Afrikaner vier elke jaar sy dominansie en besetting van die Boere se Land op hierdie persele wat die Boere se herkoms verteenwoordig en dra die vermoordes op aan die demoniese god wat hulle aanbid. Enige en alle verwysing of aanduiding van “Afrikaner” of “voortrekker” op enige van die Boere se grafte, standbeelde of monumente is bedrog deur die Afrikaner.

Toe Piet Retief en sy geselskap met Dingaan gaan onderhandel het oor ’n stukkie grond in Natal het Dingaan ingestem om die grond aan hulle te gee. Die voorwaarde was dat Piet Retief al Dingaan se beeste wat Sekonyela van hom gesteel het, vir hom sal terugbring. Piet Retief en sy manne, saam met van Dingaan se handlangers het die beeste gaan haal en hulle teruggebring na Dingaan toe. Dingaan het toe die kontrak geteken en Retief het dit in sy bladsak gesit.

Daarna het Dingaan aan hulle laat sê (iemand het vir hulle getolk) dat hulle hulle wapens buite die stat moet los en inkom vir ’n fees, wat hulle toe doen.
Dingaan het vooraf die assegaaie in die grond laat versteek. Na die verrigting ’n ruk aan was, roep hy uit: “Bulalani abathakati!” ( maak dood die towenaars ). Die Zulu krygers het almal hulle assegaaie gegryp en al die Boere is in die stat vermoor. Let daarop dat Dingaan die voorwaarde gestel het van wat hy as betaling vir die grond wou gehad het en was tevrede met die betaling na die beeste terug gebring is, want hy het die koop kontrak geteken.

Die Boere wat gewag het op tyding van Piet Retief en sy manne, het uit die laer getrek en teen die Bloukrans rivier gaan uitkamp en gesê dat hulle het volle vertroue in Retief en sy manne dat hulle die grond gekry het.

Monument te Bloukransrivier

Na die moord op Retief en sy manne, het die krygers van Dingaan die nag van 17 Februarie 1838, die Boere voor die voet, vermoor wat langs die rivier gebly het. Daar is 185 kinders, 56 vroue, 40 mans vermoor (senior burgers ingesluit). Daar is ook 250 van die mak volk wat saam met die Boere getrek het vermoor. Net ’n paar persone het dit oorleef. Dit staan vandag bekend as die Groot Moord by Bloukrans en Weenen.

Andries Pretorius het tot die Boere wat in die laer oor was se redding gekom. Al die trekdiere en perde wat buite die laer was, is deur hierdie krygers weggevoer na Dingaan stat toe. Daar is ’n strafkommando op die been gebring , om Dingaan te gaan straf vir die moord op die Boere wat langs die rivier gebly het. Dit het uitgeloop op die Slag van Bloedrivier wat plaasgevind het op die 16de Desember 1838. Na die slag is daar op die beendere afgekom van Retief en sy manne. Die bladsak van Retief is daar gekry en die traktaat wat Retief en Dingaan geteken het, is in die bladsak gekry.

Indien U voorouers ook by Bloukransrivier vermoor is en hul name nie op die naamlys verskyn nie, kontak ons gerus sodat ons dit kan bysit.

Klik op die skakel hieronder om die naamlys op U hardeskyf te stoor:
Naam lys van die Moorde by Bloukrans Rivier

 

This entry was posted in NUUS. Bookmark the permalink. Both comments and trackbacks are currently closed.
« BURGER GRAF OPRUIMING – SLAG VAN FREDERIKSTAD
GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN MAART »

    NUUS

    • JAKOBUS HERCULAAS DE LA REY
    • DANIËL JOHANNES STEPHANUS THERON
    • BRONKHORSTSPRUIT KONSENTRASIE KAMP

      Hierdie Konsentrasiekamp het ons nog nie besoek nie. Indien U oor enige inligting van hierdie Kons…

Powered by WordPress. Built on the Thematic Theme Framework.