Skip to content
Menu
  • TUIS
  • WELKOM
  • OU REPUBLIEKE
    • BLOEDRIVIER GELOFTE
    • DIE REPUBLIEK WAPENS
    • PAARDEKRAAL VERBOND
    • PRESIDENTE
    • VOLKSLIEDERE
  • MONUMENTE
    • BURGER MONUMENTE
      • MAFEKING
      • ZEERUST
    • PAARDEKRAAL MONUMENT
    • SANDRIVIER KONVENSIE
    • VROUE MONUMENT
    • SLAGVELDE
      • AMAJUBA
      • BERG EN DAL
      • ELANDSRIVIER / BRAKRIVIER / BUFFELSHOEK
      • SPIOENKOP
  • GALERY
  • KONSENTRASIE KAMPE
    • KAAP
      • ALIWAL NOORD
      • KUBUSI
      • KIMBERLEY
      • PORT ELIZABETH
    • NATAL
      • HOWICK
      • ISIPINGO
      • JACOBS
      • MEREBANK
    • TRANSVAAL
      • BALMORAL
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BARBERTON
      • BELFAST
      • BRONKHORSTSPRUIT
      • HEIDELBERG
      • IRENE
      • KRUGERSDORP
      • MIDDELBURG
      • STANDERTON
    • VRYSTAAT
      • BETHULIE
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BLOEMFONTEIN
      • KROONSTAD
    • KRYGSGEVANGENES
    • SWART KONSENTRASIEKAMPE
      • BRANDFORT
      • KRUGERSDORP
  • KONTAK

HERDENKING VAN DIE GROOT MOORD BY BLOUKRANSRIVIER 17 FEBRUARIE 1838

Posted on February 17, 2015November 10, 2022

Vandag 17 Februarie 2015, is dit presies 177 jaar gelede wat die Boere vermoor is by Bloukransrivier deur die Zoeloes.

Bloukransrivier monument

Toe Piet Retief en sy geselskap met Dingaan gaan onderhandel het oor ’n stukkie grond in Natal het Dingaan ingestem om die grond aan hulle te gee. Die voorwaarde was dat Piet Retief al Dingaan se  beeste wat Sekonyela van hom gesteel het, vir hom sal terugbring. Piet Retief en sy manne, saam met van Dingaan se handlangers het die beeste gaan haal en hulle teruggebring na Dingaan toe. Dingaan het toe die kontrak geteken en Retief het dit in sy bladsak gesit.

Daarna het Dingaan aan hulle laat sê (iemand het vir hulle getolk) dat hulle hulle wapens buite die stat moet los en inkom vir ’n fees, wat hulle toe doen.
Dingaan het vooraf die assegaaie in die grond laat versteek. Na die verrigting ’n ruk aan was, roep hy uit: “Bulalani abathakati!” ( maak dood die towenaars ). Die Zulu krygers  het almal hulle assegaaie gegryp en al die Boere is in die stat vermoor. Let daarop dat Dingaan die voorwaarde gestel het van wat hy  as betaling vir die grond wou gehad het en was tevrede met die betaling na die beeste terug gebring is, want hy het die koop kontrak geteken.

Die Boere wat gewag het op tyding van Piet Retief en sy manne, het uit die laer getrek en  teen die Bloukrans rivier gaan uitkamp en gesê dat hulle het volle  vertroue in Retief en sy manne dat hulle die grond gekry het.

Monument te Bloukransrivier

Na die moord op Retief en sy manne,  het die krygers van Dingaan die nag van  17 Februarie 1838, die Boere voor die voet, vermoor wat langs die rivier gebly het.  Daar is 185 kinders, 56 vroue, 40 mans vermoor (senior burgers ingesluit). Daar is ook 250 van die mak volk wat saam met die Boere getrek het vermoor. Net ’n paar persone het dit oorleef. Dit staan vandag bekend as die Groot Moord by Bloukrans en Weenen.

Andries Pretorius het tot die Boere wat in die laer oor was se redding gekom. Al die trekdiere en perde wat buite die laer was, is deur hierdie krygers weggevoer na Dingaan stat toe. Daar is ’n strafkommando op die been gebring , om Dingaan te gaan straf vir  die moord  op die Boere wat langs die rivier gebly het. Dit het uitgeloop op die Slag van Bloedrivier wat plaasgevind het op die 16de Desember 1838. Na die slag is daar op die beendere afgekom van Retief en sy manne. Die bladsak van Retief is daar gekry en die traktaat wat Retief en Dingaan geteken het, is in die bladsak gekry.

Indien U voorouers ook by Bloukransrivier vermoor is en hul name nie op die naamlys verskyn nie, kontak ons gerus sodat ons dit kan bysit.

Klik op die skakel hieronder om die naamlys op U hardeskyf te stoor:
Naam lys van die Moorde by Bloukrans Rivier

 

Recent Posts

  • JAKOBUS HERCULAAS DE LA REY
    September 15, 2016
  • DANIËL JOHANNES STEPHANUS THERON
    September 5, 2016
  • BRONKHORSTSPRUIT KONSENTRASIE KAMP
    August 31, 2016
  • SLAG VAN BERG EN DAL – 27 AUGUSTUS 1900
    August 27, 2016
  • GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN SEPTEMBER
    August 27, 2016
©2025 | WordPress Theme by Superbthemes.com