Skip to content
Menu
  • TUIS
  • WELKOM
  • OU REPUBLIEKE
    • BLOEDRIVIER GELOFTE
    • DIE REPUBLIEK WAPENS
    • PAARDEKRAAL VERBOND
    • PRESIDENTE
    • VOLKSLIEDERE
  • MONUMENTE
    • BURGER MONUMENTE
      • MAFEKING
      • ZEERUST
    • PAARDEKRAAL MONUMENT
    • SANDRIVIER KONVENSIE
    • VROUE MONUMENT
    • SLAGVELDE
      • AMAJUBA
      • BERG EN DAL
      • ELANDSRIVIER / BRAKRIVIER / BUFFELSHOEK
      • SPIOENKOP
  • GALERY
  • KONSENTRASIE KAMPE
    • KAAP
      • ALIWAL NOORD
      • KUBUSI
      • KIMBERLEY
      • PORT ELIZABETH
    • NATAL
      • HOWICK
      • ISIPINGO
      • JACOBS
      • MEREBANK
    • TRANSVAAL
      • BALMORAL
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BARBERTON
      • BELFAST
      • BRONKHORSTSPRUIT
      • HEIDELBERG
      • IRENE
      • KRUGERSDORP
      • MIDDELBURG
      • STANDERTON
    • VRYSTAAT
      • BETHULIE
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BLOEMFONTEIN
      • KROONSTAD
    • KRYGSGEVANGENES
    • SWART KONSENTRASIEKAMPE
      • BRANDFORT
      • KRUGERSDORP
  • KONTAK

KRANSLEGGING 14 OKTOBER 2012 – BALMORAL

Posted on October 16, 2012November 10, 2022

Ek is is skoon lighoofdig van opgewondenheid oor ons Boerevolk se inset met die herdenking en huldiging van ons voorgeslag se opofferings in die Anglo-Boereoorlog. En die ou kindertjies wat dit bygewoon en kransies gelê het. Dit was ‘n onvergeetlike ervaring.


In hierdie tye wanneer ons vyande hard probeer om ons te breek en ons bona fides verdag te maak, is die Boerevolk stadig maar seker besig om sy kop op te tel.

‘n Jaar gelede het ons nog gesukkel om net Balmoral aan die gang te kry! Hierdie jaar was ons by Bloemfontein, Klerksdorp, Krugersdorp en Merebank, danksy die kragtige wil van nuwe leiers wat iets wil doen vir ons volksaak.

Manne en vroue soos Dave Christie, Johan Fourie jnr, J.P. en Klarina Meyer, Anton en Mariette Potgieter en Annelie Koekemoer. Mense julle het die leisels gevat en die wawiele laat rol! Heidelberg het nie plaasgevind nie as gevolg van siekte en sterftes. Ons meelewing is met julle. Ons weet met Sonnette Liebenberg aan die stuur, sal ons met die volgende Boeredag aan die gang wees. Ons moet veldkornet Salmon van As se nagedagtenis eer.

Met hierdie poging om ons voorsate te huldig het die Boerevolk bymekaar gekom bo en verby groepsverband en het ons mekaar se hande gevat. Ons gaan wen want ons wil wen.

Piet Rudolph

Recent Posts

  • JAKOBUS HERCULAAS DE LA REY
    September 15, 2016
  • DANIËL JOHANNES STEPHANUS THERON
    September 5, 2016
  • BRONKHORSTSPRUIT KONSENTRASIE KAMP
    August 31, 2016
  • SLAG VAN BERG EN DAL – 27 AUGUSTUS 1900
    August 27, 2016
  • GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN SEPTEMBER
    August 27, 2016
©2025 | WordPress Theme by Superbthemes.com