Skip to content
Menu
  • TUIS
  • WELKOM
  • OU REPUBLIEKE
    • BLOEDRIVIER GELOFTE
    • DIE REPUBLIEK WAPENS
    • PAARDEKRAAL VERBOND
    • PRESIDENTE
    • VOLKSLIEDERE
  • MONUMENTE
    • BURGER MONUMENTE
      • MAFEKING
      • ZEERUST
    • PAARDEKRAAL MONUMENT
    • SANDRIVIER KONVENSIE
    • VROUE MONUMENT
    • SLAGVELDE
      • AMAJUBA
      • BERG EN DAL
      • ELANDSRIVIER / BRAKRIVIER / BUFFELSHOEK
      • SPIOENKOP
  • GALERY
  • KONSENTRASIE KAMPE
    • KAAP
      • ALIWAL NOORD
      • KUBUSI
      • KIMBERLEY
      • PORT ELIZABETH
    • NATAL
      • HOWICK
      • ISIPINGO
      • JACOBS
      • MEREBANK
    • TRANSVAAL
      • BALMORAL
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BARBERTON
      • BELFAST
      • BRONKHORSTSPRUIT
      • HEIDELBERG
      • IRENE
      • KRUGERSDORP
      • MIDDELBURG
      • STANDERTON
    • VRYSTAAT
      • BETHULIE
        • GRAFSTENE / GRAVESTONES
      • BLOEMFONTEIN
      • KROONSTAD
    • KRYGSGEVANGENES
    • SWART KONSENTRASIEKAMPE
      • BRANDFORT
      • KRUGERSDORP
  • KONTAK

KRANSLEGGING 14 OKTOBER 2012 – KRUGERSDORP

Posted on October 16, 2012November 10, 2022

Ons het weer hulde gebring aan President Paul Kruger en die Volkshelde en heldinne wat in die konsentrasiekamp te Krugersdorp gesterf het. ‘n Opdrag uit die Woord is: “Eer jou Vader en jou Moeder, sodat jou dae verleng mag word in die land wat jou Skepper aan jou gegee het.”
Dit is ‘n saak wat die mense van vandag vergeet om te doen, want was dit nie vir ons voorouers nie, sou ons nie hier gewees het vandag nie.

 

 

Die verrigtinge is behartig deur Bertus Schwan, waarop die eerste spreker Rudie Rousseau was.

 

Bertus Scwhan

Rudie Rousseau is bekend daarvoor dat hy DVD opnames maak en versprei oor die al die konsentrasie kampe van die Anglo-Boere Oorlog 1899 – 1902. Hy het sy ervaringe met ons kom deel, in die maak van die hierdie DVD’s. Hy het uitgewei oor hoe die vrouens, kinders en die bejaarde mense van hulle plase af weg gevoer is na die konsentrasie kampe toe. Hierdie plase waar hierdie Boere ‘n bestaan gevoer het is vernietig deur die Engelse. Hy het ook vertel van die toestande wat geheers het in hierdie kampe en wat die mense alles moes deurmaak.

 Rudie Rousseau

Die volgende spreker was Jan Diederiks. Jan het hulde gebring aan President Paul Kruger, deur die gedigte voor te lees van G.A. Watermeyer by name, Erfenis, ‘n Handvol grond en Oor baie waters, uit die digbundel: Die Republiek van duisend jaar.
Hy het ook meer vertel van die rol wat die Kerke gespeel het om die Boer Volk te vernietig.
Hy het benadruk dat ‘n Afrikaner nie ‘n Boer is nie en dat die konsentrasie kampe ‘n doelgerigte poging was om die Boere uit te wis. Milner se gebed was: “I’ll knock the bottom out, forever and ever, Amen.”
Omdat ons die vryheid deur ons vingers laat glip het gaan ons ‘n groter offer betaal as wat hierdie vrouens en kinders betaal het. Ons moet ‘n nuwe geloof kry wat weer die krag dra van ons voorsate.

Jan Diederiks

Bertus het ‘n oomblik van stilte gevra sodat elkeen vir homself kan bid. Daarna is afgesluit met die Transvaal se Volkslied.
Na die verrigtinge het almal blomme op die graffies van ons Volk se helde en heldinne gelê.

 

 

 

 

Recent Posts

  • JAKOBUS HERCULAAS DE LA REY
    September 15, 2016
  • DANIËL JOHANNES STEPHANUS THERON
    September 5, 2016
  • BRONKHORSTSPRUIT KONSENTRASIE KAMP
    August 31, 2016
  • SLAG VAN BERG EN DAL – 27 AUGUSTUS 1900
    August 27, 2016
  • GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN SEPTEMBER
    August 27, 2016
©2025 | WordPress Theme by Superbthemes.com