Kranslegging en Gedenklesing: E.N. Terre’Blanche, Ventersdorp,
Sondag 27 Januarie om 09:30.
Die finale reëlings vir bogenoemde aangeleentheid is soos volg:
1. Kranslegging by die graf om 09:30.
1.1. Verwelkoming en Skriflesing en gebed: Mnr. JP Meyer.
1.2. Rede: Deur Mnr. Paul Visagie, AWB namens Mnr. Steyn van
Ronge—15 minute.
1.3. Rede: Mnr. Andre Visagie, Geloftevolk Republikeine en jare
lange vriend van die Terre”Blanche-gesin-15 minute.
Om 10 00 vertrek na die graf van Ds. Coenie Snyman, Oud-Kapelaan van die AWB by die Ventersdorp- begraafplaas, waar ook ’n kransie gelê sal word om ongeveer 10:45.
2. Gedenklesing
2.1. Opening
2.2. Lesing; Eugene Ney Terre’Blanche: Man en Standpunt- Piet
Rudolph- 30 minute.
2.3. Bedanking deur Mnr. Ruhan Swanepoel
Waar moontlik bring u eie AWB, Vierkleur of Vrystaatse vlag ,kransies en stoel saam.
3. Die Terre’Blanche- begraafplaas is geleë 17km vanaf
Ventersdorp op die R30 vanaf Ventersdorp na Klerksdorp.
Ingang sal aangewys word.
4. Ons sal begelei word na die graf van Ds. Coenie.
5. Die Ventersdorpse Trimpark is geleë op die R53 op die Potch-
Krugerdorp- Ventersdorppad en sodra u oor die Schoonspruitbrug
gaan, sal die ingang aangetoon word.
6. Hierdie byeenkoms is ‘n Volksbyeenkoms en ’n uitvloeisel van
die Heimwee-bult gedagte wat dikwels deur Eugene en JP
bespreek is om kamerade bymekaar te kry. Dit is nie ’n AWB-
byeenkoms nie alhoewel elke lid en oud-lid wat die Leier van
die AWB se standpunt gedeel het, welkom sal wees.
7. Ons begin vroeg omdat die Wes-Transvaalse son ongenadiglik
met ’n witvel kan werk!
Piet Rudolph- Sameroeper
072 419 3516